WILLEM VAN DER RYST IS ”SUID VAN EDEN” IN NUWE MUSIEKVIDEO

WILLEM VAN DER RYST

Sanger Willem van der Ryst se stem dreun soos ‘n diesel bakkie wat op ‘n koue oggend staan en ‘idle’, die klank van sy kitaar talm in die lug soos die rook van ‘n bosveld vuur en sy lirieke is gewoonlik eenvoudige psalms opgedra aan die plattelandse lewe.

Willem het geen formele opleiding as ‘n musikant gehad nie, maar hy het vroeg al ‘n liefde vir musiek ontwikkel. Op skool het hy ‘n vriend se kitaar opgetel en met die eerste paar akkoorde het hy besef dat hy sy passie ontdek het. Hy het later ook self begin musiek skryf. “Ek sing eenvoudige liedjies, wat stories vertel. Enigiets kan my inspireer, van ’n boemelaar tot ’n ou in ’n Ferrari. Dis nie iets spesifiek wat my laat liedjies skryf nie, maar ek weet dadelik wanneer iets my wel geïnspireer het”, verklap hy.

Sy musiekloopbaan het begin toe hy homself in Centurion kom vestig het. Willem het as ‘n klank ingenieur vir ‘n paar bekende kunstenaars gewerk en wanneer hulle ‘n blaaskans nodig gehad het, het hy self ‘n paar liedjies gespeel. Kort voor lank het Willem die ‘show’  geword.

Die boerseun van die Noordkaap het al reeds ‘n paar treffers vrygestel, onder meer; Sand In ‘n Uurglas, Storie Boek en Knipmes Aand, wat steeds gewilde liedjies bly vir ‘n lekker kuier om die braaivleisvuur.

Met sy laaste enkelsnit, Nikkel en die Wyn het hy geskryf oor ’n man wat verlief geraak het op ’n vrou, maar weens omstandighede kan hulle nie saam wees nie. ‘’Hy weet nie vir hoe lank sy vir hom sal wag nie, maar intussen drink hulle gereeld saam wyn en is sy vir hom meer werd as geld (nikkels)’’, het Willem vertel.

Sy nuutste enkelsnit, Suid Van Eden is ook ‘n eenvoudige liefdeslied soos Willem dit sou beskryf. Die liedjie versinnebeeld die gevoel wat ‘n man kry as hy verlief is. Die lewe is net beter, so as of jy hou eie stukkie eden ontdek het en met ‘n lekker ‘two-step’ ritme is die beslis ‘n liedjie waar op paartjies die aand om kan vasdans.

KYK SUID VAN EDEN SE MUSIEKVIDEO HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: