VERSKYN OP TV SAAM MET VIA EN DIE BRUID-BOETIEK

DIAAN DANIELS

Ontwerper Diaan Daniels maak reg vir die derde seisoen van sy gewilde werklikheids reeks, Die Bruid-Boetiek en hy is opsoek na 26 voornemende bruide om deel te neem aan die reeks.

Die reeks werk as volg:

Die Bruid-boetiek is ‘n program wat bruide help om die perfekte rok te vind vir hulle spesiale dag. ‘n Bruid en 3 lede van haar bruids-partytjie besoek Diaan Daniels by sy boetiek. Tydens ‘n informele gesprek bespreek Diaan en die gaste hul begroting en watter styl hulle dink by die bruid sal pas. Diaan neem dan die bruid eenkant toe waar hulle haar voorkeure bespreek en waar hy haar vra om haar verlowing storie te deel. Die bruid word na die aantrekkamer gestuur terwyl Diaan  ‘n paar ontwerpers rokke gaan uitsoek om aan te pas. Die bruid pas die verskillende rokke aan en haar bruidspartytjie lewer hul opinies en insae totdat hulle ‘n rok gevind het wat almal gelukkig maak.

As jy wil deelneem moet jy ‘n video van jouself stuur na casting@coolerboxbrothers.com met jou naam en Die Bruid-Boetiek as die onderwerp.

Let wel dat verfilming in Fourways, Johannesburg vroeg in 2022 sal plaasvind

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: