VAN LEKKER VRY TOT HUWELIKSKLOKKE

BRIDE AND GROOM

Armand Steenkamp, bekend vir sy treffers, Ek kan nie dans nie, maar ek kan Vry en Lekker mens, is op 2 Oktober in die eg verbind met Hannanja Nelson.

Die twee ken mekaar al twaalf jaar lank en het mekaar toevalling juis die eerste keer gewaar in die skool waar sy tans ‘n onderwyseres is. Hulle het in 2015 begin uitgaan en in 2020 vra Armand dié Weskus-nooi om haar hand in hul gunstelingplek, Hentiesbaai.

Op die 2de Oktober het hulle hul droomtroue gehou in Vredendal by Die Keldery. Weens inperking was dit moeilik dat hul al hul vriende daar kon hê om hul sprokiesdag te deel, maar 80 van hul beste vriende kon die viering bywoon. Die dag het sommer afgeskop met groot opwinding toe dit begin reën, iets wat nie aldag gebeur nie aangesien daar al sewe jaar droogte is in die Boesmanland. Die dag was soveel meer as wat hul ooit van kon droom en met kosbare vriende en hul wonderlike ouers en familie se teenwoordigheid kon dit nie anders nie. Armand vertel dat toe Hannanja die kerk instap was hy sonder woorde en dít gebeur nie sommer nie. Almal het met ‘n knop in die keel gesit toe hul hul beloftes aan mekaar gee en selfs Armand moes ‘n traan of twee sluk. Toe hulle die dansbaan open, het Armand die mikrofoon geneem en Bruce Springsteen se, Tougher than the rest, gesing. Hy vertel dat elke keer as Hannanja ‘n show van hom bywoon en hy sluit dit af daarmee, dans hulle twee terwyl hy dit sing, so dit is iets baie spesiaal vir die egpaar. Daarna het die brannewyn geloop en hul het gekuier tot die verpligte aandklokreël ‘n einde aan dié wonderlike dag gebring het.

Die Steenkamps sê die dag was meer as perfek, die Keldery het hul idee van hoe hul dag moes lyk soveel beter en mooier laat lyk, die kos en selfs die koek was uit die boeke, natuurlik die wyn en brannewyn ook!

Armand beplan om vroeg volgende jaar ‘n paar nuwe liedjies vry te stel en dalk selfs ‘n heel nuwe album.

Verskaffers:

Venue, spyseniering, troukoek, blomme en décor: Die Keldery Restaurant

Grimering: BLUSH – Permanent Makeup and Laser Treatments

Bruid en ma van die bruid se hare: Maudette Dumas Nel

Strooimeisies se hare: Arline Van Wyk

DJ: Ryan van Schalkwyk

Trourok: Brides of SomerseTrouringe: ALTERnate Design Jewellery & Orbit Rings

Bruidegom se gordel: Valens leather

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: