SOSIAAL DIGITAAL

TJHOKO PAINT

doen dit self met tjhoko paint

Die winter maande is met ons en dit beteken dat ons baie meer tyd binnenshuis met ‘n lekker glasie rooiwyn en n kaggelvuur wat knetter gaan spandeer. Nadine Vosloo van Tjhoko Paint deel ʼn paar idees sodat jy jou stempel op jou kuierkamer kan afdruk om dit daai warm, snoesige gevoel te gee. Sy wys ons hoe om n ou baksteen muur met ʼn afwit-tegniek op te helder en wys ons hoe om ʼn stylvolle kunswerk te skep om bo jou vuurmaakplek te hang.

PROJEK 1: AFWIT-TEGNIEK

BENODIGHEDE

  • 500ml Tjhoko Paint Cement Grey
  • 500ml Tjoko Paint Don’s Wash
  • 500ml Tjhoko Paint Cloud White
  • 50mm Verfkwas

INSTRUKSIES

Ons het begin met die donkerste kleur en ons werk met ʼn redelike droë verfkwas. Doop die verfkwas in die Cement Grey. Skraap meeste van die oortollige verf teen die rand van die verfblik af af. Droog die verfkwas verder af op ʼn droë oppervlak soos ʼn stuk ou koerantpapier.

Verf liggies oor die bakstene. Maak seker dat jy nie die hele oppervlak bedek nie, jy wil slegs die kleur effens verander.

Herhaal die stappe volgende met Don’s Wash en heel laaste met Cloud White.

GEE JOU KUIERKAMER ‘N WARM GEVOEL HIERDIE WINTER

PROJEK 2: KUNSWERK

“KLIEK” OM DIE VIDEO TE SPEEL

BENODIGHEDE

  • 15 x 15cm hout blokke
  • HB potlood
  • Sjabloon ‘’Stencil’’ (Ons het MC016-15-H gebruik, beskikbaar by jou Tjhoko handelaar)
  • Tjhoko verf in die kleur van jou keuse (Ons het 250ml Sherif’s Stone en 250ml Stéffan gebruik)
  • Goeie gehalte kunstenaarskwassies met skerp punte (Ons het Prime Art 365R8 gebruik)
  • Tandestokkie
  • Alkantplakband ‘’double-sided tape’’

INSTRUKSIES

Plaas die sjabloon op die hout blok en teken die patroon af met die HB potlood.

Doop jou kunstenaarskwas in die verf (Ons het begin met Sherif’s Stone). Maak seker dat daar genoeg verf op die kwas is en maak kolle al om die potlood lyne van die ontwerp. Maak seker dat jy die kleure afwissel. Maak seker dat die kolle redelik dik is en herhaal die stappe indien nodig.

Doop die tandestokkie in ʼn kontrasterende kleur en maak dan kolle binne of langsaan die groter kolle.

Wag tot die verf heeltemal droog is en plak dan die bloke teen die afgewitte muur muur met die alkantplakband.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: