SOSIAAL DIGITAAL

SOOS HEL

HOOF FOTO VERSKAF DEUR KUNSTENAAR

As jy nog nie van Zaan Sonnekus gehoor het nie is dit tyd om jou ore te spits. Die Alternatiewe rocker het al reeds ‘n groot gevolg in Kaapstad en Pretoria opgebou danksy sy Engelse enkelsnitte ‘No More Empty Words’, ‘Audacious’ en ‘Walking Away’, maar sedert 2020 het hy sy visier op die Afrikaanse mark gestel.

Sy eerste Afrikaanse enkelsnit, “Soos Hel” tref diep en alhoewel hierdie talentvolle kunstenaar nog net vier jaar lank in die musiekbedryf is, staan hy beslis nie vir enigiemand terug nie. Die enkelsnit lê na aan die sanger se hart. “Ek het die song in ’n baie moeilike tyd van my lewe geskryf. Ek was 20 en het uitgevind dat iemand vir wie ek ongelooflik lief is, baie siek is,” vertel hy.

Die kombinasie van Zaan se stem en elektriese kitaar laat jou die pyn voel wat hy ervaar het toe hy die lied geskryf het. Die woorde is treffend en bly mael in jou kop omdat dit iets is waarmee almal kan assosieer en moontlik al ervaar het. Zaan het die lied self geskryf en getoonset. “Die song beteken vir my die hele wêreld. Ek het dit in ’n kwessie van minute geskryf. Ek dink in die oomblik het my hart net oorgeloop na die ink op die papier. ” Met die deel van sy eie hart hoop Zaan om net een iemand daarbuite se hart te raak met sy musiek. Die musiekvideo is opgeneem in ’n parkeerterrein soortgelyk aan die een waarheen Zaan gevlug het na hy die slegte nuus ontvang het.

Dit was nog altyd vir Zaan duidelik dat hy ‘n musikant sou word. Vandat hy sy eerste elektriese kitaar op tiende ver- jaarsdag gekry het, het hy meeste van sy tyd gebruik om te skryf en te komponeer. Hy is oop en eerlik oor sy musiek. “Musiek hoef nie perfek te wees om iets vir jou te beteken nie,” vertel hy. “Gewoonlik skryf ek maar net neer hoe my hart voel. Ek skryf woorde wat iets vir my beteken en die musiek wat dit onder steun.”

Zaan het onlangs ‘n platekontrak met Coolerbox Records geteken en is volstoom besig om saam met musiek vervaardiger, Tertius Human, sy eerste Afrikaanse album op te neem. Human, wat aan albums gewerk het saam met groot name soos Juan Boucher en die legendariese Jan Blohm, is verskriklik opgewonde oor die musiek waaraan hulle werk. ‘’Wat Zaan se musiek interessant maak is die twee kontrasterende elemente wat binne dit bestaan. Sy musiek is opgewek, maar die lirieke is soms donker en is gepen uit Zaan se persoonlike ervarings.’’

“KLIEK ” OM DIE VIDEO TE SPEEL

Human beskryf die klank waaraan hulle werk as internationaal en kan vergelyk word met kunstenaars soos Kaleo. ‘’Ek dink die mense is baie gewoond aan die Internationale klank in Engels en dit gaan anders voel om daardie klank in Afrikaans te ervaar, maar daardie pad is al oor die alfelope 30 jaar uitgekerf deur kunstenaars soos Johannes Kerkorrel, Koos kombuis, Dagga Dirk Uys en dit het uitgetak na kunstenaars soos Francois van Coke, so ek dink die Afrikaanse mark is reg vir iets anders’’

Zaan het reeds die album se eerste enkelsnit ‘’Ek kan net bid’’ voltooi en die musiek video gaan op 14 Mei 2021 vrygestel word. Oor die video sê Zaan. “soms kan mens reg- tig net bid. Al skreeu of fluister jy in jou gebede. Die song en video vang dit vas. My hart was stukkend, gillend en bid in rock en roll taal. Dis eerlik, rou, vars en gaan die Afrikaanse musiek industrie opnuut ontwrig.”

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: