SOSIAAL DIGITAAL

SKREEU BLOUMOORD

Bloumoord is ‘n Afrikaanse rock band van Boksburg, Gauteng. Die band bestaan uit drie broers Tiaan (hoofsanger), Trevor (bass-kitaar) en Martin Enslin (tromme) sowel as Marcelle van der Heever (Hoof-kitaar) en Brandon Jansen van Rensburg (ritmiese-kitaar).

Die groep het in 2019 onstaan en het hulle eerste selfgetitelde EP met behulp van Van Coke Studios en Richard Onraet in Junie van 2019 vrygestel. Hulle het twee enkelsnitte getiteld BEFOKTE DAE en NATUURLIKE VREES DEEL 1 in die eerste helfte van 2020 vrygestel. In Augustus van daardie jaar het Bloumoord die enkelsnit DIS OKAY vrygestel.

Hulle musiek video JY MOET NET JOUSELF WEES het gesorg dat almal Bloumoord gaan skreeu wanneer die feeste weer oopmaak.

Bloumoord meng verskillende elemente van elke lid se musikale invloede. Die band wil nie gebonde wees aan enige spesifieke genre nie maar wil eerder eksperimenteer met klanke waarvan hulle hou.

Kyk na Jy moet net jouself wees hier onder.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: