SIT JOU MOVE AAN MET LEAH

LEAH

Leah is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit wat ‘n moet is vir elke speellys hierdie somervakansie. Of jy nou om die vuur kuier, ‘n vleisie braai of net lekker wil langarm – MOVE AAN sal jou partytjie behoorlik skop gee.

Vanaf 29 Oktober is daar ‘n voorsmakie van die nuwe treffer op TikTok beskikbaar waar sy meer as 200 000 volgers het. So gaan deel in die pret en maak seker jy wys ons hoe kry jy jou MOVE AAN. 

Leah het weer na Met Jou Klere Aan haar partytjieskoene gaan afstof en MOVE AAN is die resultaat en jy gaan hom oor en oor wil luister.

Die liedjie is geskryf deur Roux Cloete en Dirk van Niekerk en is vervaardig deur Dirk van Niekerk en jy gaan nie anders kan as om saam te sing nie.   Die musiekvideo is een moewiese partytjie – mooi lywe vir die dames om na te kyk en natuurlik ook iets vir die mans. Dis vet pret so maak seker jy kyk hom hier. “As ons by die huis is braai ons, as dit naweek is braai ons, as ons met vakansie is braai ons en met ‘n braaibroodjie natuurlik.   Maak nie saak hoe fancy jy dink jy is nie – kanse is goed jy hou van ‘n braai.” 
Die klankgreep het ‘n week gelede eksklusief op TikTok uitgerol as ‘n voorsmakie van die enkelsnit en het behoorlik die land aan die dans. So as jy op TikTok is gaan deel in die challenge.    Daar is ‘n dansie of wys ons net hoe sit jy jou MoveAan en gebruik die #MoveAan.

LUISTER MOVE AAN HIER

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: