SCHEPPEL ROCK IN AFRIKAANS MET SY VIOOL

SCHEPPEL

Elke dan en wan is daar ‘n kunstenaar wat die ‘’status quo’’ uitdaag en dit is presies wat Scheppel met sy album, Scheppel, Afrikaans gedoen het. Die album is ‘n instrumentele album waar hy sy gunstelling Afrikaanse liedjies getrou het met ‘n mengsel van rock en klassieke musiek.

‘’Die is die eerste van sy soort in Afrikaans.  Dit is ‘n viool en simfonie-orkes met kitare wat jou op reis sal neem deur die mooiste liedjies in Afrikaans. Dit is my eerste album saam met Universal Musiek. Die span om my is fantasties en hulle verstaan my klank, visie en idees. Hulle het my toegelaat om dit voluit te ontgin,’’ vertel Scheppel.

Die album is saamgestel uit liedjies wat reeds treffers is in hul oorsponklike vorms. Daar is iets vir almal van dans, na legendariese liedjies en alternatiewe nommers ook. Scheppel wou sy eie stempel druk op ons grootse treffers en dit ‘n internasionale klank gee met die gevoel van ‘n groot simfonie-orkes en rock kitare.

Hy vertel, ‘’ ek wou die luisteraar se aandag hou en dit interresant maak en die mooi van ons Afrikaanse melodieë laat skyn. Ek wou elke song sy eie karakter en kleur gee en die beste elemente van elkeen uitbring in ‘n instrumentele vorm.’’

Al die snitte op die album is geskryf deur van ons grootste Afrikaanse liedjieskrywers; van Appel tot Laurika Rauch en Danie Du Toit. Hy was bevoorreg om al die verwerkings en produksie self te hanteer met ‘n spesifieke klank en storie wat hy in sy kop gehad het. Die kitare is gespeel deur Rudi Vyfrand en finale meester is deur Rogan Kelsey by Kelsy Mastering gedoen.

Vir Scheppel wat al sedert 2008 profesioneel musiek maak, is musiek in sy bloed. ‘’Dit is ‘n familie ding. My ma en ouma asook my twee broers speel almal of viool of klavier. Dit was iets wat van vroeg af gekoester is in ons huis. Ek het begin op vyf jarige ouderdom met klavier en op sewe met viool.’’

As ‘n musikant strek sy invloede van Bach en Sjostakovich tot Sinatra, The Eagles en Spoegwolf. ‘’Ek glo as ‘n kunstenaar moet jy ‘n waardering kweek vir alle genres en style. Dit maak jou ‘n beter musikant en gee jou insig.’’ Op sy eerste Afrikaanse album wou hy die Afrikaanse liedjies wat die grootste impak op hom as musikant gehad het saamvat. “Die groot vereiste was melodieë (vir die viool) en liedjies met interessante akoorde en strukture.’’

Scheppel het reeds begin werk aan sy tweede Afrikaanse album asook ‘n lekker rock en classics kombinasie. Tans beplan hy ‘n groot toer lansdwyd en oor die water.

Hy het al reeds die verhoog met van die grootste name in ons land gedeel, maar hy het groot drome vir sy toekoms. ‘’Ek sal graag wil werk met David Foster, Guns & Roses, Andre Rieu, Clive Davis en Joe Bonamassa,’’ sluit hy af.

DIE SNITTE OP DIE ALBUM IS AS VOLG:

1. Dorp Toe

2. Nonna / Dina

3. Spontaan

4. Toe Vind Ek Jou

5. Hardekole

6. Sonop-Blom / 17 Shots

7. Geel (Julie)

8. Karoonag

9. Maak My Jou Tequila

10. Stille Waters

11. Vier Seisoene Kind

12. Tussen Treine

LUISTER DIE ALBUM HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: