SANGER, JO BLACK STERK AAN NA ONGELUK

JO BLACK



Sanger Jo Black sterk aan na ‘n ongeluk tydens verfilming op die stel van sy gewilde geselsprogram Doodgewone Jo op Via, Dstv Kanaal 147.

Jo was besig om ‘n avontuur segment te verfilm saam met Joe Pietersen wat rugby speel vir die Sandiago Legion in California toe die ongeluk gebeur het.

Die manne het ‘n surfles geniet by ‘n wavepool in Centurion. Alles het goed verloop tot Jo probeer staan het op die branderplank en sy balans verloor het. Met die val het Jo sy sleutelbeen gebreek. As ‘n voormalige lewensredder het Joe Pietersen dadelik gespring en Jo se arm met sy handdoek verbind.

Jo is na Kloof hospital in Pretoria gejaag waar hy ‘n nood-operasie moes ondergaan. Alles het goed verloop en Jo sterk goed aan na die operasie.

Jo het op sosiale media gedeel. ‘’Wavepool 1- Jo 0. ‘n Mens val nie meer lekker op 40 nie, plate en skroewe is in. Hierdie gaan ‘n lang 6 weke wees, but the show must go on.”

KYK DIE VIDEO VAN JO SE ONGELUK HIER:

1 thought on “SANGER, JO BLACK STERK AAN NA ONGELUK”

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: