SA LEGENDE,THEUNS JORDAAN, IS OORLEDE

THEUNS JORDAAN OORLEDE

Pas bekend. Die Afrikaans musieklegende, Theuns Jordaan is op die ouderdom van vyftig oorlede. Die sanger is verlede jaar met leukemie gediagnoseer en het volgens gerugte vanoggend sy stryd met kanker verloor.

Die sanger is op 10 Januarie 1971 op ‘n Karoo-plaas naby Venterstad, 30 km van Bethulie, gebore en het ook daar grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool, Graaff-Reinet, het hy sy verknogtheid aan rugby begin deel met sy liefde vir kitaar. As kind is sy musiektalent in sy ouerhuis aangemoedig. Ná skool is hy weermag toe. Ná voltooiing van sy diensplig het hy Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en ‘n B.Ekon.-graad verwerf.

Sy moedertaal, Afrikaans, het op universiteit vir hom ‘n passie geraak en hy het begin liedjies skryf, geïnspireer deur Koos du Plessis, Anton Goosen en David Kramer.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria. Hy was vir ‘n jaar entrepreneur. Johan Bakkes het hom gehelp om sy debuutalbum Vreemde Stad op Stellenbosch op te neem. Vyf van die snitte op die album, wat in 2000 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees baie suksesvol vrygestel is, is deur hom self geskryf. Daarna is ‘n verbeterde opname van Vreemde Stad deur EMI-musiek her-vrygestel. Die album het in 2003 Trippel Platinumstatus (150 000 kopieë) verbygesteek om een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans te word met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Theuns was met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom – is uit sy pen.

Huldeblyke stroom reeds in vir die sanger:

”Hoe groet mens n held soos Theuns Jordaan? Al wat ek hoor- Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my. Elke afdraai paadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het u my iewers kom haal. Maak dit Heer, die laaste maal. Elke dag is n gedagte. Elke kamer net gehuur. Elke aardse droom van rykdom en roem, net n skadu teen die muur. Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Dankie vir die musiek- dit sal luidkeels tot lente van dae ego deur ons land en harte.. Ons is dankbaar vir die tyd wat jy vir ons geleen is.. Rus nou in Vrede Theuns Jordaan” – Jo Black

”Theuns my ou vriend, ekt baie by jou geleer. Meeste van my skryf werk is gebaseer op wat jy my geleer het. Ek sal nog baie by jou wou leer. RUS IN VREDE.. Sien jou eendag weer. Ook sterkte aan die persoon wat die naaste aan hom was Jacques Du Plessis.. Die is harts verskeurende.” – Armand Hofmeyer

”Ai Theuns 💔 my hart is stukkend. Aaklige aaklige nuus!!! Jy was altyd die vriendlikste persoon gewees met die beste raad 💔🥺 jy sal SO gemis word!” – Irene-Louise van Wyk

”So verloor ons nog ń Legende 😔 Die eerste keer wat ek jou ontmoet het was ek maar net 14 of 15 jaar oud tydens die Supersterre sang kompetisie…. Jare later het ek die voorreg gehad om die verhoog n paar keer met jou te deel. Jy het dalk jou stryd verloor en jou aardelikse tuiste verruil vir jou hemelse tuiste liewe Theuns, maar jou musiek sal ewig voortleef. Rus in vrede 🙏🏻🙏🏻🙏🏻” – Rinel Day

”Rus in Vrede, afrikaner troebadoer jy sal gemis word, dankie vir als wat ek by jou kon leer. Jou stem sal vir altyd in ons ore weergalm en jou teenwoordigheid in ons harte bly. Slaap sag legende 🖤 ek het nie woorde nie” – Brendan Peyper

“Vandag is ‘n baie hartseer dag .. Theuns ons groet jou met swaar harte! Jou stem sal nooit stil wees nie! Vir my was jy nog altyd iemand om na op te kyk en iemand vir wie ek soveel respek het! Jy was altyd vriendelik en vol grappies! Ons gaan jou baie mis! Krone gaan leeg wees sonder jou! Die bedryf gaan leeg wees! Rus sag my vriend!” – Dirk van der Westhuizen

‘’Rus in vrede, Theuns Jordaan. Dankie vir jou ongelooflike bydrae tot Afrikaans. Ons sal aanhou om na jou musiek te luister.’’ – Ernst Roets

Theuns se bydra tot Afrikaanse musiek sal nooit vergeet word nie:

1 thought on “SA LEGENDE,THEUNS JORDAAN, IS OORLEDE”

  1. My hart is seer, voel of ek ‘n vriend en familielid verloor het, al het ek en Theuns mekaar glad nie persoonlik geken nie. Rus in vrede Theuns, ek dink nie daar sal ooit iemand met jou stem in Afrikaans wees nie. Jy was uniek, spesiaaal en almal se vriend. Ek lees die raad wat jy aan jong sangers gegee het en dit is hoe ek jou altyd sal opsom. Nederig, al het jy ‘n uitsonderlike stem gehad.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: