REFENTSE NOOI JOU UIT NA DIE BOEREBAL

Refentse sluit die jaar op ‘n hoogtepunt af met ‘n eksklusiewe partytjie-uitnodiging vir jou om sy gas by ‘n ‘Boerebal’ te wees. ‘Boerebal’ is ‘n Afrikaanse Glansgeleentheid gevul met biltong, Klippies & Coke, goeie musiek en ‘n sokkie-jol van formaat. Refentse het vir homself ‘n unieke plek in die Afrikaanse musiek bedryf uitgekerf en is opgewonde om hierdie somerknal by sy repertorium te voeg.

‘Boerebal’ is ‘n hoë-energie-lied wat herinner aan sy partytjie-treffers ‘Oom Faan Se Plaas’ en ‘Vuil Vanderbijl’ – twee van sy vele enkelsnitte wat Goue Status behaal het. Verwag om hierdie nuwe liedjie ‘Boerebal’ by elke Afrikaanse geleentheid te hoor hierdie somer en te partytjie tot die son op kom.

LUISTER DIT HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: