SOSIAAL DIGITAAL

”ONS TEEN DIE WÊRELD”

Sharoney is soos ’n goeie bottel vonkelwyn. Haar borrelende persoonlikheid en liefde vir die lewe is net so indrukwekkend soos die passie en talent waarmee sy elke liedjie wat sy opneem aanpak… iets wat sy weereens bewys met haar nuutste en langverwagte vrystelling, ONS TEEN DIE WÊRELD.

Volgens dié vyf-en-twintig-jarige sangeres van die Oos-Rand is haar nuwe Afrikaanse popsnit, uit die pen van Douvoordag se Jattie de Beer, die perfekte beskrywing daarvan om die regte persoon op die verkeerde tyd van jou lewe te ontmoet.

“Die lirieke skets ’n prentjie van twee jongmense wat verlief en verlore is. Verlief op mekaar en verlore in die eindelose avonture van die lewe. Dit is die tipe sprokie wat ’n mens in stories sien en in boeke lees,” deel sy. “Hier sien ons egter dat ’n sprokiesverhaal nie altyd ’n gelukkige einde het nie. Ek hou van musiek wat stories vertel en was van die begin af mal oor die liedjie waarin die toekoms vir die paartjie nie heeltemal uitwerk soos wat hulle beplan het nie.”

ONS TEEN DIE WÊRELD is iets waarmee almal kan vereenselwig en spog met ’n vars en moderne klank, wat dadelik aandag trek en luisteraars uitnooi om saam te sing.

Hierdie nuutste vrystelling van haar volg in die voetspore van 21 Vir Ewig wat uitstekend ontvang is deur radiostasies landswyd en waarvan die energieke musiekvideo die eerste van sy soort in die Afrikaanse mark was. Hierdie video kan gereeld op televisiekanale soos kykNET, kykNET NOU, SABC 2 en VIA gesien word.

ONS TEEN DIE WÊRELD is een van daardie onvergeetlike liedjies wat, net soos die indrukwekkende vrou wat dit sing, jou hart uit die staanspoor verower en vir lank in jou gedagtes bly maal.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: