OH SCHUCKS, SCHUSTER DOEN DIT ‘N DERDE KEER

Komedie legende Leon Schuster het pas die lokprent vir sy nuwe rolprent, Mr. Bones 3, Son of Bones Bekend gestel.

In die fliek sien ons hoe film-veterane Schuster en Alfred ‘’Shorty’’ Ntombela kragte saamsnoer om hul fiktiewe Kuvukiland van olie-prospekteerders en skattejagters die red.

Die rolprent skop af in die verlede. Ons sien hoe twee Boere soldate die Kruger Miljoene in Kuvukiland begrawe. Weens hul eie gierigheid en dom onnoselle aksies sterf die twee tydens ‘n skermutseling en die Kruger Miljoene BLY verlore in die begrafplaas waar hulle dit versteek het.

Terug in hedendaagse tyd beplan sakeman Alvin (Moonsammy) en sy Amerikaanse vennoot, Jack (Janks) om met behulp van ‘n beeldskone gids, Gabrielle (Antsey) olie te myn in die ongerepte Kuvukiland.

Natuurlik moet Bones (Schuster) en Mathambo (Ntombela)‘n manier vind om die planne aan die riem te ry voor Kuvukiland geheel en al verwoes word. Die storielyn ontvou met ‘n reeks kinkels en kabels wat gehore sal laat skaterlag.

Die film spog met ‘n sterbelaaide ensemble wat Tumi Morake, Sans Moonsamy, Daniel Janks, Sthandile Nkosi, Jay Anstey en Jerry Mofokeng insluit. Boonop maak die legendariese Tobie Cronje en Bouwer Bosch ook hul verskeining.

Mr. Bones 3, Son of Bones sal na verwagtinge in 2022 in Suid-Afrikaanse Rolpentteaters te sien wees.

KYK DIE LOKPRENT HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: