SOSIAAL DIGITAAL

NUWE ENKELSNIT VIR REYNARDT HUGO

Weggebreek is die nuutste enkelsnit van Reynardt Hugo en nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Dit is ook die snit wat hy spesiaal vir die vrystelling van sy boek, Soldaat, vroeër vanjaar geskryf het. 

Reynardt en Sean Butler het saam die snit geskryf en Sean het ook die produksie behartig. Die snit was tot nou eksklusief beskikbaar as jy ‘n kopie van sy boek koop, maar is nou op alle stromingsplatforms.

Die musiekvideo van die enkelsnit is ook nou beskikbaar en wat ‘n lekker video is hierdie nie.

Binnelanders-akteurs Je-ani Swiegelaar en Pietie Beyers maak ook hul verskying in hierdie komiese video. Loer gerus hieronder na die musiekvideo.

Vir ‘n agter-die-skerms kykie na die maak van die video, maak seker jy kyk BRAVO! op kykNET volgende Sondag, 5 September om 19:30.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: