NUWE DUO BOEI MET EERSTE ENKELSNIT

JAQUES EN LIEZEL

Wanneer jy die meesleurende wysie en hartroerende lirieke van die splinternuwe duo, Jaques en Liezel, se eerste enkelsnit hoor, sal jy onmiddelik verstaan waarom hulle met die eerste inval reeds luisteraars boei.

Uit My Hande, ‘n volwasse komtemporere snit, uit hulle eie pen, is ‘n rou lied oor verlore liefde.

”Ons het eendag in die kar gesels oor verhoudings en huwelike en hoeveel partjies opgebreek het oor die laaste jaar en toe besluit om ‘n liedjie te skryf oor hoe die einde van’n verhouding gewoonlik deir een persoon bepaal word.” het Jaques Schoeman, die manlike stem in duo, vertel.

Liezel voeg by: ”Wanneer ‘n vriendskap, ‘n verhouding of ‘n huwelik verby is, is dit meestal ‘n eensydige aksie. Een van die persone besluit dis die einde, deur hulle keuses en optrede, en die besluit is uit jou hande. jy het nie regtig ‘n keuse nie. om te laat gaan is al wat jy kan doen en dis die beste en gesondste keuse vir jou.”

Uit My Hande is deur Jattie de Beer van Artistry Productions vervaardig en die duo glo dat dit sal aanklank vind by ‘n wye gehoor, omdat almal kan identifiseer met die seer, teleurstelling en eensaamheid wat gepaard gaan met die einde van ‘n verhouding.

”Ons hoop dat die liedjie mense sal laat besef dat hulle meer werd is as om in ‘n beledigende verhouding of huwelik te bly en dat hulle by ‘n kruispad die keuse moet maak dat hulle beter verdien, dis soos die koor lei: ‘ek het probeer, maar dit was die laaste keer’,” deel Jaques.

‘n Musiekvideo vir sie snit, vervaardig deur Adriaan Scheepers van The Huntsman, sal ook binnekort beskikbaar wees, maar hierhoor wil hulle nog nie veel verklap nie.

Jaque Schoeman en Liezel Marshall het mekaar sewe maande gelede ontmoet toe hy deurmiddel van Facebook ‘n midi-keyboard by haar gekoop het. Hulle het dadelik gekliek, goeie vriende geword en besluit om saam musiek te maak.

Jaques is ‘n trotse pa van ‘n seuntjie en eienaar van Iron Horse Customs wat spesialiseer in motorfietse, Sy Liefde van musiek is te danke aan sy pa en hy het reeds op ‘n jong ouderdom begin klavier speel. Jaques was vir jare lank ‘n aanbiddingsleier in sy kerk en hy vind groot aanklank by kunstenaars soos Jo Black, Chris Tomlin en Maverick Worship. huy hou ook egter baie van country, rock en Jazz. Wanneer hy nie musiek maak nie restoureer hy ou karre en versamel hy langspeel plate.

Liezel is ook gebore in ;n musikale huis en is al 21 jaar lank doenig in die musiek bedryf. Sy het haar eerste Gospel Album in 2000 uitgereik, waarna twee ander en ‘n rock album gevolg het. In 2010 is sy as een van Huisgenoot se liedjie skrywers van die jaar benoem en 2019 is haar Gospel album, Anker, vir ‘n Ghoema-toekennig genomineer.

Jaques en Liezel wil met hulle nuwe enkelsnit, Uit My Hande ‘n positiewe impak maak en hoop bring aan diegene wat deur ‘n moeilike tyd in hulle verhouding gaan. ”Aan die einde van die liedjie, moedig ons almal aan om mekaar in slegte tye by te staan en aan te hou veg vir mekaar voor dit te laat is. As dinge dan steeds nie uitwerk nie, moet jy egter besef dat jy okay gaan wees en dat moeilike omstandighede van jou ‘n sterker mens sal maak,” sluit hulle af.

LUISTER NA UIT MY HANDE HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: