LUNA MAAK GOLWE MET NUWE ENKELSNIT

Luna het in April haar debuut enkelsnit, Tot Daar Niks Meer Oor Is bekendgestel wat ‘n vars, internasionale klank tot die Afrikaanse mark gebring het.

Met haar tweede enkelsnit, Golwe hou sy by die op-en-wakker dansklank wat baie uniek is tot die Afrikaanse mark en wys ‘n volwasse kant van die 18-jarige sangeres.

Die liedjie word geskryf uit die oogpunt van ‘n meermin – ‘n fiksionele karakter wie se liefde vêr van haar af voel – wat deur water en land geskei word. Sy wil uitbasuin hoe sy oor hom voel en haar wêreld vir hom wys, maar hy kan nie haar stem bo die golwe hoor nie. Dit
sinspeel op verskillende faktore wat mense verhoed om hulle ware gevoelens of emosies te deel.

Die sanger en stemafrigter, Lee Scott het saam met Luna aan die liedjie geskryf. “Lee is ‘n ongelooflike mentor en het my oë oopgemaak na die wêreld van liedjieskryf, hy het my gehelp om my werklike emosies uit te lig en om eerlik te wees met myself,” vertel sy. “Hy het my ook geleer dat jy ‘n storie van hoe jy voel indirek kan vertel deur te laat klink of dit
iemand anders se storie is.”


Die liedjie gee hoop dat daar iemand daarbuite is wat jou verhaal wil hoor en dat die storie wat jy het om te vertel, ook belangrik is. “Ek wil die boodskap aan almal oordra dat jy nie moet stilbly as jy iets het om te sê nie, jy moet jou storie vertel want dit kan moontlikiemand anders met die struikelblokke in hulle lewe ook help.”

Sy dra die liedjie ook op aan haar boetie, Zian wat op 10 Oktober 21 geword het.

LUISTER NA GOLWE OP ENIGE PLATFORM HIER

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: