SOSIAAL DIGITAAL

LAAT ‘N WINTER-TROUE JOU KOUD?

Meeste paartjies het verloof geraak tussen Kerstyd en Valentynsdag en as ek so na sosiale media loer is daar baie troues wat weens die pandemie op die nippertjie beplan moet word en vir die wat nie wil wag nie is ‘n winter-troue nou die enigste opsie. Die blote gedagte van ʼn winter-troue laat baie bruide koud, daarom wil ek dit maklik maak en ʼn paar wenke en tendense deel wat koue voete voor ʼn winter-troue sal voorkom.

WENKE

Jy hoef nie te skik met enige styl nie. Jy wil dalk warm bly, maar dit hang alles af van die lokaal wat jy kies. Ons winters in Suid-Afrika is in elk geval baie warmer as meeste Europese lande, so jy kan meeste style dra.

Trou-lokale het almal verwarmers. As jy ‘n bietjie meer vlees wil wys het jy altyd die keuse om binne te trou, maar as jy braaf wil wees en buite onder ‘n wilgerboom wil trou, kan ek jou waarborg, die adrenalien gaan oorneem en die liefde gaan warmer klop as enige koue briesie.

Dis ook meer bekostigbaar om in die winter te trou. Meeste bruidspare verkies somer-troues. Trou- lokale, fotograwe en ander verskaffers het ge- woonlik goedkoper pakkette tydens die kouer maande. So nou kan jy geld spaar en eerder daardie bietjie ektra spandeer aan jou droom rok en jou verloofde bederf met ‘n snyers pak.

TROUROK TENDENSE VIR 2021

Die wêreld se trourok-ontwerpers het pas hul nuuste reeks vir 2021 bekend gestel en ons kan romanties, deursigtig en self ‘n paar vere verwag.

Neklyne soos die halternek, die een-skouer en selfs die diep gesnyde, elegante neklyn met deursigtige vleeskleur materiaal wat jou bates beklemtoon is ‘n groot moet.

Rok ontwerper: Colet by Nicole. Beskikbaar in Diaan Daniel winkels

Trourokke word ‘sexier’ en meer waaghalsig. Die deursigtige illussie is in meeste ontwerpers se 2021 reekse te vinde, selfs my eie. Die oop rug of neklyn en selfs ‘n volle trourok met ‘n dun vleeskleurige “mesh” met geborduurde kant wat alles bedek, bly in die mode. Dit val dalk nie in almal se smaak nie, maar daar is elemente wat jy kan gebruik as bang is dat Ouma ‘n hartaanval kry.

Rok ontwerper: Randy Fenoli. Beskikbaar in Diaan Daniel winkels

Balrokke en blink is weer terug en daarvoor is ek baie dankbaar. Jy kan speel met Swarofki kristalle of ‘n laag sequin-material wat weggesteek word tussen die lae van jou rok.

Rok ontwerper: Colet by Nicole. Beskikbaar in Diaan Daniel winkels

Moue is verseker terug in verskeie style. Geborduurde moue met uitsny motiewe, die kort geborduurde kant moutjie wat gedrapeer word om jou skouers, nek en sleutelbeen te beklemtoon en moue in vleeskleurige, nou-passende materiaal met kant borduurwerk is ‘n goeie opsie. Dit is dalk nie almal se smaak nie, maar as jy in die wintermaande trou kan dit baie mooi wees mits jy en jou ontwerper dit reg beplan.

Onthou ook dat ‘n rok met moue jou nie noodwendig warm gaan hou nie, dis ‘n ouvrou storie. Daardie dun stukkie lap gaan niemand van die koue beskerm nie, so as jy nie mooi lyk in ‘n mou nie, moet jy dit nie dra nie. Smeer jou lyf met ‘’body butter’’ om hoendervlies te voorkom en leen eerder jou nuwe manlief se baadjie as jy later koud kry.

Rok ontwerper: Ashley Graham by Pronovias. Beskikbaar in Diaan Daniel winkels

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: