KYK WIE SHOW WAAR!

JUANITA DU PLESSIS

Juanita kom kuier Donderdag in Oudtshoorn by Brian’s Grill, Vrydag by Kommietjies in Cradock en Saterdag by Fairview Sportsentrum in PE.   Sy kom draai in Alberton by Dros New Redruth 22 en 23 Nov voor sy 26 Nov in Klerksdorp in aksie sal wees.   Kom fees saam in Pretoria op die 27ste vir die Zoerdoeffees en op 28 Nov kan jy saam piekniek hou by die Sargent Family Estate in Henley on Klip.

WILLEM BOTHA

Willem Botha is Saterdag in Bloemfontein vir ‘n uitverkoopte Make-Up Masterclass. Hy hou ook sy lyf beoordelaar op 28 Nov by die Begin Sing-kompetisie in Pretoria en op 30 Nov is hy en Franja du Plessis saam in aksie by The Grove Mall in Pretoria vir ‘n gratis Kerskonsert. So bespreek jou tafel en kom kuier saam!   1 Des is hy in Nelspruit vir ‘n  Make-Up Masterclass by Innibos se bietjie bietjie bos en 2 Des in Riversdal.   Nigel is waar hy gaan musiek maak by Pichana op Vrydag, 3 Des en Bela-Bela se Make-Up Masterclass is op 4 Des aan die beurt.  

ANDRE SCHWARTZ

André Schwartz kom kuier en maak musiek in Yzerfontein op 26 November so maak seker jy kom deel in die feestelikheid.   Op 1 Des is hy in aksie by The Grove in Pretoria vir ‘n gratis konsert tydens hul Carols Under The Stars – so bespreek jou tafel betyds.   Kapenaars kan uitsien na sy Kersfees vertoning op 18 Des by Heroes en op 19 Des doen hy ‘n splinternuwe Elvis-vertoning met ‘n orkes ook by Heroes.

ROBBIE WESSELS

Robbie is Vrydagaand in Boksburg by Live @ Wildebeest so maak seker jy nooi al jou pelle, kry jou kaartjies en kom partytjie saam.   Saterdag is hy by die Lavender Kontrei Mark in Pretoria saam met Ivan Roux, Jo Black en Ruhan du Toit.   Hy maak ook ‘n Namibiese draai vir ‘n verjaardag en verfilm aan Binnelanders en ‘n nuwe fliek. So kyk uit vir hom op die kassie en silwerskerm!

FRANJA DU PLESSIS

Vrydagaand kan jy kom saam kuier in Nelspruit by Blue Moon wanneer sy en Appel gaan musiek maak.   Saterdag het sy ‘n geslote funksie in Pretoria saam met Ruan Josh en Sondag is sy saam met Brendan Peyper in aksie by Amatola Venue in Pretoria.   Saterdag, 27 Nov show sy in Nylstroom by Mampoerboer voor sy op 30 Nov ‘n gratis Kerskonsert saam met Willem Botha by The Grove in Pretoria doen vir Carols Under The Stars.    3 Des is sy terug by Heroes Restaurant in die Kaap en op 4 Des is dit partytjie by Padstal in Pretoria.

REYNARDT HUGO

Op 28 Nov is Reynardt Hugo weer ‘n beoordelaar saam met Bianca le Grange en Willem Botha by die Begin Sing-kompetisie in Pretoria.   Hy kuier natuurlik elke aand in jou TV-kamer as Dr. Tertius Jonker in Binnelanders as jy die drama en intrige volg.   Met sy boek, Soldaat op die rakke is hy ook nou beskikbaar as motiveringspreker vir jou volgende inspirasie oggend of manne-aand. Daar is lig na ‘n pad met verslawing.

LEAH

Leah is besig met verfilming aan die nuwe seisoen van Duidelik Dapper wat vanaf Januarie terug is op die kassie – slegs op kykNET.    Sy is ook 26 Nov in aksie in Bethlehem en op 2 Des is daar ‘n gratis konsert by The Grove Mall in Pretoria saam met Lee Scott vir Carols Under The Stars voor sy op 4 Des ‘n Morreesburg in aksie sal wees vir ‘n dans. Sy gaan ook saam op die Finesse Net Matrieks Bootreis in Desember.

LEE SCOTT

As jy hou van voor die kassie ontspan kan jy 23 Nov inskakel wanneer Lee Scott  by Jo Black kuier op Doodgewone Jo. So skakel in op Via om 20:30.   28 Nov hou sy sangskool Lee Scott Studio hul showcase by Monte de Dios waar hulle hul talent gaan wys na die jaar se harde werk. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.   2 Des is hy en Leah saam in aksie vir ‘n gratis Kerskonssert by The Grove in Pretoria vir Carols Under The Stars so maak seker jy bespreek jou tafel vroegtydig en kom kuier saam.   12 Des kuier hy by East Rand Traders in Boksburg.

BIANCA & DAVID

Bianca le Grange hou weer haar lyf beroordelaar vir die Begin Sing-kompetisie in Pretoria saam met Willem Botha en Reynardt Hugo op 28 Nov.   Op 4 Des kuier sy en manlief, David Johnson – aka Liam in Getroud Met Rugby saam met Robbie Wessels en sy orkes in Ellisras by Laerskool Ellisras vir ‘n lekker opskop.

JENNIFER ZAMUDIO

Jennifer Zamudio tree op Saterdag 27 November 2021 om 19h00 by die Centurion Teater. Kaartjies is beskikbaar op Quicket. kaartjies beskikbaar teen R140-R160

BESPREEK HIER:

THE SOUND OF MUSIC INRY VERTONING:

Die Hoërskool Oos-Moot bied met trots aan: The Sound of Music. Die klassieke musiekblyspel is professioneel verfilm in die Opera teater in die Staatsteater soos opgevoer deur leerders van die skool. Kom geniet ‘n aand gevul met ‘n studio kwaliteit klankbaan in die vorm van ‘n inry vertoning in samewerking met Varslugflieks. Die vertoning vind plaas op 1 Desember 2021 by die skool.Kaartjies teen R150 per kar is beskikbaar by die skool. Skakel vir Nini op 012 332 0601 of stuur ‘n epos na krediteure@oos-moot.co.za.Volg ons op facebook hulle op instagram @sistermarymoot….and I will sing once more…

1 thought on “KYK WIE SHOW WAAR!”

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: