SOSIAAL DIGITAAL

‘N KAROO-TAGINE

UIT ALMARE FOURIE SE KAROO KOMBUIS

Wat is winter kos vir jou? Is dit dalk die Karoo osoon wat soos Pierre Jourdan se beste MCC eers jou neus prikkel en jou longe vul met die Karoo se soet, suiwer lewegewende asem. Net om dit dan in ʼn verrassend groot wasem uit te blaas. Veral die naglug in die Karoo winter is iets wat ek nog net op twee ander plekke so ervaar het: Memel – wat ʼn baie groot deel van my kinder herinneringe uitmaak ― en Oostenryk, waar ek geleer het dat ski beslis nie my ding is nie. Die absolute helderheid wat die dun lug aan elke berg kurwe verleen, bly elke winter asemrowend. Dan is daar natuurlik die sweem van houtrook uit talle kaggels en warmbly vure ook te bespeur.

Wat is winter kos vir jou? Is dit dalk die Karoo osoon wat soos Pierre Jourdan se beste MCC eers jou neus prikkel en jou longe vul met die Karoo se soet, suiwer lewegewende asem. Net om dit dan in ʼn verrassend groot wasem uit te blaas. Veral die naglug in die Karoo winter is iets wat ek nog net op twee ander plekke so ervaar het: Memel – wat ʼn baie groot deel van my kinder herinneringe uitmaak ― en Oostenryk, waar ek geleer het dat ski beslis nie my ding is nie. Die absolute helderheid wat die dun lug aan elke berg kurwe verleen, bly elke winter asemrowend. Dan is daar natuurlik die sweem van houtrook uit talle kaggels en warmbly vure ook te bespeur. at is winter kos vir jou? Is dit dalk die Karoo osoon wat soos Pierre Jourdan se beste MCC eers jou neus prikkel en jou longe vul met die Karoo se soet, suiwer lewegewende asem. Net om dit dan in ʼn verrassend groot wasem uit te blaas. Veral die naglug in die Karoo winter is iets wat ek nog net op twee ander plekke so ervaar het: Memel – wat ʼn baie groot deel van my kinder herinneringe uitmaak ― en Oostenryk, waar ek geleer het dat ski beslis nie my ding is nie. Die absolute helderheid wat die dun lug aan elke berg kurwe verleen, bly.

Karoo lamskenkel Tagine

Bestanddele:

  • 1.5 kg lamskenkels – jy kan enige stowelam gebruik. Vra jou slagter om dit in stukke te sny as jy dit verkies. Ek hou dit heel want dit lyk net eenvoudig asemrowend en indrukwekkend.
  • 2½ teelepels sout – meer as jy verkies. Proe nader aan die einde van die kookproses.
  • 500 ml lam aftreksel. Tannie Ina en Imana het gawe produkte. Gaan kyk op die winkelrak, jy hoef nie die wiel hier self te ontwerp nie. Ek kies eerder een sonder MSG, maar dis my issues. As jy ʼn voorstaander van die druiwetros (wyn) is soos ek, vervang 250 ml van die aftreksel met ʼn goeie rooi wyn of port. Ek hou van ʼn Syrah. Ook vir drink saam met die kos.
  • 1 koppie gedroogte appelkose. Ek hou van die Turkse variëteit, net omdat ek gaande is oor Turkye
  • 2 eetlepels olyfolie, meer as jou vleis nie lekker vet is nie
  • 2 groot uie, fyn gesny. Rooi uie het ʼn sagter smaak
  • 3 gekapte knoffel segmente
  • 1 teelepel tamatie pasta
  • ½ teelepel gerasperde vars gemmer
  • 2 kleinerige kaneel stokkies
  • Groterige knyp Saffraan, sowat 1gr
  • ½ teelepel fyn gemmer
  • ¾ teelepel fyn borrie
  • 1 teelepel Fyn Komyn
  • ¾ teelepel gemaalde swart peper
  • ¼ teelepel fyn kaneel
  • Goeie knyp neutmuskaat – as jy heel neut het, rasper dit
  • 1/3 koppie vars koriander
  • 1 eetlepel botter
  • ½ koppie amandel, fyn gekerf

Voorbereiding

  • In ʼn groot bak kombineer die lam en 2t sout. Laat dit by kamertemperatuur rus vir ten minste 1 uur, of selfs oornag in die yskas.
  • Plaas die aftreksel (of aftreksel en wyn kombinasie) in ʼn kleinerige pot en bring tot kookpunt.
  • Haal van die hitte af en sit die appelkose by. Laat dit staan vir ten minste 10 minute
  • Verhit die oond tot 160° C, of skakel die elektriese nuweling aan op sy warmste temperatuur
  • Verhit 2 e olyfolie in die Tagine of jou swaarboompot met ʼn styfpassende deksel oor ʼn medium hitte.
  • Verbruin die lam in sarsies tot al die kante mooi bruin is – omtrent vir 10 min.
  • Verplaas die vleis na ʼn bord. As daar te veel vet is aan die einde van hierdie proses, dreineer dit en hou net genoeg in die pot om die bodem te bedek. Moenie die gedreineerde vet weggooi nie – dit is die perfekte aftreksel vir volgende keer. Daar’s min dinge wat nie gevries kan word nie. As jy nie dit wil of kan doen nie, is daar altyd die viervoet geliefdes wat bederf kan word…
  • Sit die uie, knoffel en ¼ t sout by en kook tot dit sag is. Omtrent 8 minute of ʼn paar slukkies wyn of ʼn rook-breek lank
  • Voeg die tamatie pasta, gemmer, 1 kaneel stokkie en al die kruie en kook totdat jy die geure mooi kan ruik. Omtrent 2 minute
  • Sit nou die lam en enige vloeistof op die bord terug in die pot.
  • Gooi die aftreksel (met of sonder die wyn) en appelkose met die helfte van die koriander oor die vleis.
  • As jy NIE ʼn Tagine gebruik nie, is dit belangrik om nou die pot met swaar foelie dig te bedek voordat jy die deksel opsit. As jy dit nie doen nie, kook jou pragtige dis baie gou droog. En dit is fataal.
  • As jy ʼn tagine gebruik, het jy nie foelie nodig nie. Sit eenvoudig die deksel op.
  • Kook in die oond (teen 160° C) vir 2 ½ tot 3 ure. As jy ook ʼn elektriese Tagine het, verlaag die temperatuur en kook vir dieselfde tyd. Draai die vleis so nou en dan om.
  • Proe en pas die sout en peper aan indien nodig.
  • Intussen het jy nou al nog ʼn glas wyn nodig, indien dit jou voorkeur is. Vir drink, nie vir die kos nie.
  • Terwyl die pot aan die kook is, verhit die botter en die ander kaneel stokkie oor ʼn medium hitte. Sit die amandels by en ¼ t sout. Kook tot die amandels ʼn mooi goudbruin is – so 5 tot 7 minute. Haal die kaneel uit en gooi weg. Ja ek weet, dit maak my ook hartseer…
  • Om op te dien: Plaas die lam op ʼn mooi opdienbord. Gebruik jou mooiste opdienbord wat jy as trougeskenk, by jou ouma geërf het of self spandabelrig gekoop het. Hierdie dis verdien niks minder nie.
  • Gooi die amandels en enige botter wat nog in jou pan is oor die vleis.
  • Sprinkel die gekerfde grasuie, pietersielie en oorblywende koriander oor die dis.
  • Sprinkel bietjie vars suurlemoensap oor alles
  • Bedien met plat brood of couscous (lees die pakkie vir voorbereiding), of albei; nes jy verkies.
  • Nooi die gaste of gesin om te kom aansit en verlekker jou in al hul lof. Sit terug en luister na die mooi geluide van genoegdoening wat hul maak.
  • Jy verdien al die komplimente! Jou ou doring!

Die gereg is vernoem na die unieke pot waarin dit al vir eeue in Noord Afrika gekook word. Dit is ʼn Berberse gereg wat ook Maraq of Marqa genoem word. Soos jy uit die resep kan sien, het jy nie nodig om ʼn Tagine te gebruik as jy nie een het nie. Jy kan enige groterige swaar pot wat dig seël ook gebruik. Hier is natuurlik jou kans om te spog met jou Le Creuset pot! Le Creuset het ook ʼn pragtige 2.1 L Tagine.

Ek het ʼn tyd gelede ʼn elektriese Tagine present gekry en het hierdie resep gebruik om my nuwe pot in te wy. Maar omdat ek nog nie gewoond is aan my nuwe tegnologie nie, het ek die resep twee keer gemaak; een vir Mej. Elektrisiteit en een vir die ware Jakob. Die vriendekring was in ekstase toe hulle verneem dat daar vele monde nodig is om te proe en te vergelyk.

Die uiteinde? Warm geure, warm harte, dik vriende en die resep werk ewe goed vir al twee die Tagines. Heimlik het ek wel gehoop die regte egte oorspronklike Tagine uit Marokko sou beter wees. Wys jou nou net. Tegnologie het ook sy plek. En dis makliker om skoon te maak, gebruik minder elektrisiteit en bespaar spasie in kompakte kombuise wat deesdae volgens oorlewering nie die luukse van groot oonde het nie. As jy klaar is, pak jy eenvoudig jou Tagine weg tot ʼn volgende keer wanneer jy eksperimenteer met verskeie ander resepte om die winter weg te hou.

En die koue buite, is vir hierdie aand ten minste, nie meer so belangrik nie.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: