SOSIAAL DIGITAAL

KONINGS VAN KITSKOS SKUD DIT AF

Die Konings van Kitskos het dalk vir die eerste keer meer afgebyt as wat hulle kan kou, want vir die volgende 13 weke het akteur, Alvin Bruinders en sanger Gerhard Steyn, hulle daartoe verbind om alle snoep-etery te staak en ‘n lewens veranderende transformasie aan te pak op Via (Dstv kanaal 147) se nuwe oefen program, Skud dit af.

Suid-Afrika se grootste kitskos-kenners het onder leiding van voormalige Mejuffrou Suid-Afrika en TV-aanbieder, Melinda Bam en met die hulp van Fiksheids-Ghoeroes, Jaques en Angelique van der Linde van JVL the Lifestyle besluit om streng oefen- en eetprogramme te volg.

Alvin en Gerhard wat aan die begin van die reeks onderskeidelik 150kg en 149kg geweeg het, het onderneem om mekaar te ondersteun terwyl hulle ernstig raak oor hulle gesondheid.

Vir Alvin was hierdie ‘n nou-of-nooit oomblik. Hy het vir die afgelope paar jaar al sy fokus daar op geplaas om ‘n suksesvolle besigheid te bou, maar hy het tot die besef gekom dat hy sy gesondheid afgeskeep het. ‘’Ek het vir myself gesê ek kan as ‘n ongesonde mens vir sowat 60 jaar lewe of ek kan as ‘n gesonde mens vir tagtig jaar of langer lewe. Ek wou nie myself van daardie 20 jaar beroof nie.’

“KLIEK” OM DIE VIDEO TE SPEEL

Alvin wat as ‘n gerekende sake-man bekend staan, besef wel dat dit nie maklik gaan wees nie, maar dat hy ook iemand is wat van ‘n uitdaging hou. ‘’Ek het ook besef ek is nogal iemand wat van ‘n uitdaging hou en dan voluit gaan as ek dit regtig wil hê. Ek doen dit in my werk, so hoekom kan ek dit nie hiermee doen nie? Ek het vir myself gesê: Daar is niks wat jy nie kan doen nie. Get a grip man.’’

FOTO: COOLERBOX BROTHERS

Vir Alvin is dit belangrik om nou die tyd en moeite in te sit sodat hy ‘n langer lewe saam met sy gesin kan geniet. ‘’Jy kan nie jare lange se ongesonde gewoontes binne ‘n paar maande regmaak nie. Dit is ‘n kopding en ek moet net aanhou en uithou.’’

Die werklikheids reeks volg Alvin en Gerhard se reis soos wat hulle kopskuiwe maak en regte besluite begin neem en beloof humor en ‘n paar ernstige gesprekke oor hulle gesondheid soos wat hulle nuwe oefen programme tydens hulle transfromasie aanpak.

1 thought on “KONINGS VAN KITSKOS SKUD DIT AF”

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: