KERSKONSERTE & KERSMUSIEK

Desember is byna hier en die feesseisoen is binnekort in volle swang. So hier is iets om jou in die luim te kry – spesiale Kersfees musiek vir jou speellys, kerskonserte waarvan sommige heeltemal gratis is en ook aanlyn geskenkidees vir die Kerskous.

WILLEM & FRANJA GRATIS IN PRETORIA

Kom kuier môreaand saam met Willem Botha en Franja du Plessis by The Grove Mall in Pretoria.  ‘n Gratis Kerskonsert as deel van hulle Carols Under The Stars. Maak seker jy bespreek ‘n tafel by die restaurant van jou keuse en kom deel in die feesseisoen gees.

ANDRÉ SCHWARTZ GRATIS IN PRETORIA

Andrè Schwartz is Woensdagaand in aksie in Pretoria met ‘n spesiale Kersfees optrede by The Grove Mall in Pretoria.   Toegang is gratis so maak seker jy bespreek jou sitplek by een van die restaurante in die piazza area en kom kuier saam.

LEAH & LEE GRATIS IN PRETORIA

Kom raak deel van die feesseisoen se feestelikheid saam met Leah en Lee Scott hierdie Donderdag.   The Grove Mall in Pretoria bied die konsert gratis aan – bespreek jou tafel ‘n restaurant rondom die piazza en kom kuier saam.

AFRI-FORUMTEATER VIER KERSFEES

Teatergangers kan kom deel in André Schwartz se Kersfees produksie getiteld – ‘n Stukkie Kersfees komende Sondag by die Afri-Forum Teater in Pretoria.  

KRY JOU KAARTJIES HIER:

KERSSANGDIENS IN BIESIESVLEI

Volgende Sondag maak André Schwartz ‘n draai in Biesiesvlei vir hul Kerssangdiens.   So maak seker jy kom deel in die feestelikheid. 

KERSFEES BY HEROES IN KAAP

Kapenaars kan uitsien na André Schwartz se konsert – ‘n Stukkie Kersfees by Heroe’s Restaurant op 19 Desember.

   KRY JOU KAARTJIES HIER:

SONNEBLOM UIT BETHLEHEM

Juanita du Plessis het onlangs haar eie weergawe van Sonneblom Uit Bethlehem vrygestel spesiaal vir jou Kersfees speellys hierdie vakansie.  

LUISTER HOM HIER

O HOLY NIGHT DEUR WILLEM BOTHA

Willem Botha se weergawe van die immergroen O Holy Night is ook nou op alle digitale platforms beskikbaar. Maak seker jy sit hom op jou speellys hierdie feesseisoen!  

LUISTER HOM HIER:

SANTA CLAUSE IN COMING TO TOWN

Nog een vir jou feesseisoen speellys – Leah se weergawe van Santa Clause Is Coming To Town.

LUISTER HOM HIER:

IDEALE GESKENK IDEE VIR DIE VROU IN JOU LEWE

Hier is ‘n lekker geskenk vir die vrou in jou lewe hierdie Kersfees. Kry Willem Botha se The Chosen Collection nou aanlyn in sy winkel en kry ook ‘n gratis aanlyn tutorial wat hy jou wys hoe om ‘n hele look met sy pallet te doen.  

KRY JOUNE HIER:

ROCKING AROUND THE CHRISTMAS TREE

Hierdie Vrydag is Franja du Plessis se weergawe van Rocking Around The Christmas Tree op alle digitale platforms beskikbaar.    So kyk uit vir hom hierdie naweek!

REYNARDT SE BOEK LEKKER KERSGESKENK

Kry Reynardt Hugo se boek, Soldaat nou aanlyn vir slegs R200 – die ideale Kersgeskenk vir die feesseisoen!   Beste van alles is jy kry sommer ‘n paar ekstras heeltemal gratis by.  

KRY JOUNE HIER:





Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: