JUAN BOUCHER VEREER ONS SPORTHELDE

Juan Boucher het pas sy eerste musiekvideo vanaf sy nuutse album, Hier waar Ek Nou is bekend gestel. Die musiekvideo vir sy enkelsnit, Die Konings Van Helde dien as ‘n huldeblyk vir Suid-Afrikaanse sport legendes.

Boucher beskryf sy Hier Waar Ek Nou Is as sy beste werk so ver. ”Die is ‘n tyd in my lewe van meer as 2 miljoen kilometer op die teerpad en dan so klein stukkie grond pad daar by. Hierdie keer het ek besluit ek gaan nie tussen vier wit mure sit en skryf nie ek gaan toer en besigtig, met die hulp van my geliefdes en die krag van daar bo, die nostalgie van Suid-Afrika se toekoms en mense kry ek myself by n legkaart van woorde in my siel, die sterre gesels weereens met my en die gehoor staan gereed soos vissies in die water op wag vir die soet of sout wondering wat hulle dopamien vlakke gaan besoek. Dit gaan jou laat goed voel. Dit gaan jou laat voel of nuwe asem jou invaar. Jy kan in jou taal sterk staan, jy mag jou geluk in melodie in verander. Welkom in my wêreld van lood en papier as die beurt krag sy donker oor jou gooi. Ek moes gereed maak met my nuwe liedjies voor ek my kind vir die eerste keer sien. Ek doen dit vir jou ek doen dit vir julle, Hier waar ek nou is, is net ‘n plek waar ek nou is,” het Boucher op sosiale media gedeel.

KYK DIE MUSIEKVIDOE HIER:

LAAI DIE ALBUM AF HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: