SOSIAAL DIGITAAL

JUAN BOUCHER DEEL WITTEBROOD VIDEOS IN NUWE MUSIEKVIDEO

Rocker Juan Boucher en sy vrou Shamodene se liefdes verhaal het stormagtig begin. Die paartjie het ontmoet toe die passasierskip, die MSC Orchestra, waarmee hulle albei gereis het weens slegte weer in Tafelbaai moes anker. Slegs 14 maande na hulle toevallig ontmoet het, het die paartjie op 24 Maart 2021 tydens ʼn intieme seremonie in die hartjie van die bosveld, buite Modimolle afgehaak. Juan en Shamodene het slegs ‘n 100 gaste na hul bruilof genooi, maar het besluit om hul wittebrood met hul aanhangers te deel met Juan se nuutste musiekvideo, vir sy enkelsnit, Want jy weet.

“Kliek” om die video te speel

Juan en Shamodene sou oorspronklik hul wittebrood in Skotland gevier het, maar het weens Covid-regulasies eerder besluit om vir 12 dae lank deur Namibië te toer. Hulle romantiese vakansie het af geskop met ʼn vier dae lange kajak-avontuur by Amanzi River Trails op die Oranjerivier waarna hulle na Lüderitz vertrek het.

Hulle het ook die rooi duine gaan uitklim in Sossusvlei, op Walvisbaai met Land Cruisers deur die woestyn getoer, en n paar van Juan se aanhangers verras met ʼn intieme show op Langstrand. Die paartjie het selfs gaan visvang op Hentiesbaai, Windhoek verken en het hulle laaste aand in Grünau spandeer voor hulle teruggekeer het na hul woning in Pretoria.

Shamodene het al hulle avonture op haar Samsung Galaxy S20 Ultra opgeneem en die paartjie het self die videos geredigeer en die musiekvideo saam gestel om met Juan se aanhangers te deel. Juan het die vakansie as hulle ‘‘pre-honeymoon’’ beskryf, omdat hulle nogsteeds later beplan om Skotland te besoek. So hopelik kan ons binnekort uitsien na ʼn video van die paartjie se avonture in die buiteland.

FOTOS: KREATIV PHOTOGRAPHY

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: