JO BLACK BEPLAN DIE GROOTSTE TOER NA DIE LAND SE KLEINSTE DORPIES

JO BLACK TRAVELER TOUR

Sanger Jo Black se Traveler toer skop af in Vryburg op die 14de Desember 2021 en dit beloof om die grootste musiek toer te wees wat die land al ooit beleef het.

Die Traveler toer het onstaan toe Jo besef het dat soveel kunstenaars by die huis sit en wag vir hulle dagboeke om vol te raak en weens imparking maatreëls wat plotslings kan verander wil venues nie die risiko neem om groot besprekings te maak nie. Dus het Jo besluit dat hy self die toer sou reel. ‘’Meer as dit het ek aan die mense gedink wat nooit ‘n geleentheid kry om ‘n groot show by te woon nie, want gewoonlik is al die groot feeste in jou groot dorpe,’’ vertel Jo.

Die Traveler is beplan om soos ‘n toerende musiekfees te voel en bywoners kan VIP kaartjies bespreek waar hulle die geleenthied kry om saam met Jo te Braai en te kuier voor die vertoning afskop. ‘’Die hele konsep is om saam met my te braai in die VIP area,’’ deel Jo. ‘’ek bring braaiers, vleis, ek bring die drinkgoed, ek bring die ys, stoele, tafels, sambrele en die idee is dat die mense wat nooit toegang het tot die musikante nie vir oomblik kan sit en ons mekaar kan leerken.’’ Vir die mense wat nie VIP kaartjies koop nie is sal daar kosstalletjies en plekke wees waar hulle drinkgoed kan koop. ‘’Ons probeer regtig om na almal om te sien wat die fees bywoon,’’ sê Jo.

Die eerste been van die toer skop of in Desember van die jaar en gaan ‘n paar van die dorpe insluit wat Jo nog altyd wou besoek het. Daarna sal Jo ‘n veldog in die media en op Jacaranda FM loods waar mense hom kan laat weet waar die die Traveler volgende moet opdaag. Die volgende been van die toer sal dan in Februarie van 2022 afskop.

Datums vir die eerste been van die toer is reeds bekend gemaak en sluit in: Vryburg op 14 Desember 2021, Potchefstroom 15 Desember 2021 en Bethlehem op 16 Desember 2022.

BESPREEK JOU KAARTJIES HIER:

Die tweede been van die toer se dorpe en datums sal nog afgekondig word en sal afskop op 5 Februarie 2022.  Jo vertel, ‘’Die toer gaan definitief uitbrei . Die idee met die Traveler toer is om die land vol te toer, hopelik in al nege provinsies.’’

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: