SOSIAAL DIGITAAL

JENNIFER ZAMUDIO AS EK HUIL

Jennifer Zamudio het tydens die pandemie en grendeltyd, beslis nie op haar louere gerus nie. Sy het twee uiters suksesvolle duette vrygestel, saam met Henri Alant (Daars ‘n rede) en saam met Riaan Grobler (Liefdeshartaanval). En getrou aan Jennifer se dryfkrag, verras sy almal met haar allemintige treffer enkelsnit “Dalk” in Oktober 2020, wat menige beskou het, “as een van haar grootste treffers nog”. “Dalk” het gesorg vir ses Nommer 1 plekke op verskeie radiostasies, waaronder een daarvan ‘n nuwe rekord opgestel het vir die langste Nommer 1 posisie op daardie betrokke stasie se Trefferparade.  

Toe dit tyd geword vir ‘n nuwe enkelsnit vir 2021, het Jennifer gewonder hoe gaan sy haar vorige suksesvolle enkelsnit kan verbeter. Die antwoord het onwillekeurig gekom met al die ongewone gebeurtenisse gedurende die afgelope jaar en Jennifer het self begin skryf aan “As ek huil”. En om die liedjie perfek af te rond, vra sy toe vir Tertius BC Pretorius om die liedjie saam met haar te skryf. Tertius was ook die skrywer van “Altyd Myne” en “Dalk”. Met so ‘n wenkombinasie, kan die nuwe enkelsnit nie anders as om ook groot treffer potensiaal te hê nie.

As ek huil” is ‘n kragtige ballade met ‘n diep hartseer ondertoon. Dit bring ook weereens die warmte in Jennifer se stem uit, wat eie is aan haar unieke singstyl. Die liedjie beloof om beslis die hartsnare te roer en mens op ‘n emosionele reis te neem. Dit gaan verseker diep aan jou binneste raak en jou laat dink aan jou eie verliese die afgelope tyd. So trek maar die sneesdoekies nader as jy luister na Jennifer se “As ek huil” en laat jouself toe om uitting te gee aan al daardie opgekropte emosies.

Jennifer vertel self: “Ek het die afgelope tyd baie gestoei met die gedagte van verlies. Verlies aan die dood, verlies aan die lewe, verlies aan inkomste, verlies aan werk ens ens. So kan die lys aangaan en aangaan. Die kort en die lank is dat enige verlies altyd uitloop op hartseer en hartseer loop uit op trane. Mense se seer het by my bly spook. Iemand het eendag dit so mooi gestel deur te sê dat wanneer ‘n mens huil word die vensters van jou hart weer skoon gewas. Met As ek huil het ek probeer om die emosie van verlies vas te vang in my musiek, in die hoop dat dit kan help om jou hartsvensters te kan skoon was. Tertius Pretorius het ingestem om saam met my te skryf en sy bydrae was ‘n ongetwyfelde sielstoevoeging. Hy het net ‘n manier van skryf waaroor ek mal is en ek glo dat ons iewers in die toekoms weer sal saamskryf.”  

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: