SOSIAAL DIGITAAL

JAN RHAAP STAAN ELMBOOG NA BO

Na drie studio albums, 12 enkelsnitte en hele reeks nominasies vir musiek toe- kennings is sanger en mu- sikant, Jan Rhaap terug met sy nuwe album, Elmboog Na Bo.

Daar was groot opwinding na die sukses van sy vorige 3 albums. Hy is in 2015 ge- nomineer vir ’n Ghoema toe- kenning as beste “Nuweling van Die Jaar” en in 2017 vir “Beste Alternatiewe Album”. Hy het die sukses opgevolg deur ‘n lied op te neem saam met Juan Boucher (Huisie in die Bos) wat nou al spog met meer as 3 Miljoen kyke op Youtube.

Elmboog Na Bo spog met 13 splinternuwe treffers waarvan Jan baie van die liedjies self geskryf het met die hulp van vriende soos Juan Boucher, Loki Rothman, Munro du Toit en Adriaan van der Merwe.

Elmboog Na Bo is ook die titelsnit van die album en is n tong-in-die-kies aanmerking oor een van Jan se pelle wat dit geniet om gin te drink wat die brandewyn drinkers in sy vriendekring heel ontstel.

Die musiekvideo het ook gelei tot die Elmboog na bo uitdaging. Jan het n video op sosiale media geplaas waarin hy sy aan- hangers uitgedaag het om n ‘‘shooter’’ van hul keuse in hul elmboë vas te hou en so te drink. Deelnemers van hierdie uit- daging is aangemoedig om hul vriende ook uit te daag om deel te neem.

Die samestelling van die album was baie belangrik vir Jan omdat elke lied n persoonlike kon- notasie het. “Maak Jou Maak(e)” handel oor hoe hy en twee van sy vriende tydens jag- ekspedisies mekaar altyd uitdaag deur te sê: “Maak Jou Maak” wat in die Noord-Kaap beteken, wys my waarvan jy gemaak is.

Die lied ‘’Poublou’’ het Jan geskryf na een van sy vriende se seuns na die afloop van die cravenweek toernooi hom gevra het om vir die Griekwas hulle eie lied te skryf. Al die ander provinsiale spanne het reeds hul eie liedjies gehad om op uit te draf , so Jan het die geleentheid aangegryp om ‘n lekker rugby treffer te skryf wat teen bekende liedjies soos “Blou Bul” en “Hie Kommie Cheetah” kan skrum.

FOTO: TERSE PHOTOGRAPHY

“Jan Ek Kan Nie Dans Nie” handel oor ‘n vriend wat saam met Jan by ’n troue was en teenoor hom gebieg het dat hy gestraf is met twee linkervoete, na Jan hom probeer oorreed het om ’n meisie te vra om te dans.

Die Album spog met baie treffers en luisteraar kan ook uitsien na enkelsnitte soos ‘’Afrika”, ‘n duet wat Jan saam met Juan Boucher opgeneem het, en ‘’Adrenalien’’ waar hy saam met Bokradio omroeper, Le-Lue, sing.

“KLIEK” OP DIE FOTO OM DIE ALBUM OP GAANGROOT.CO.ZA TE SIEN
  1. Maak jou Maak(e)
  2. Afrikaans, my kind
  3. Kom Loop
  4. Elmboog Na Bo
  5. Jan Ek Kan Nie Dans Nie
  6. As My Hart Nou Ophou Klop
  7. Ry-ry Dagdroom
  8. As Ek Jou Soen In Jou Hart
  9. Afrika
  10. Adrenalien
  11. Poublou
  12. Vuis Teen Jou Bors
  13. Ons Kan Nie Breek Nie

Sosiale Media: @janrhaap (Facebook en Instagram)

Starburst Promosies:

Alishia – info@starburstmusic.co.za (083 635 4717)

Album Link: janrhaap.hearnow.com/elmboog-na-bo

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: