IRENE-LOUISE VAN WYK & JAY: ”MY VOLGENDE FOUT”

POP STAR

Irene-Louise Van Wyk boor 1.2 miljoen GOUE musieknote raak! 

Of jy nou dans in die stof-plaaspad, in die kombuis, om die braaivleis-vure, in die gym, op die skoolveld of op die dansvloer, een ding is verseker, jy sal dans tot jou Tekkies Brand! 

Dit is presies wat hier gebeur het met die vuurwarm treffer van die jaar; Tekkies Brand van Irene-Louise van Wyk. 

Na slegs 3 maande vanaf sy vrystelling kan daar met trots aangekondig word dat Irene-Louise beloon word met ‘n goue toekenning vir 1.2 Miljoen ‘streams’ op al die stroomdienste en die snit is reeds sterk op pad na platinum. 

Dié treffersnit pronk ook nou al vir elf weke bo aan die Apple Music en iTunes trefferslyste. Hierdie prestasie is verseker ‘n rekord vir ‘n vroulike kunstenaar. 

Op TikTok het die snit ook groot sukses bereik met meer as 3300 dans-videos met die Tekkies Brand dans-craze, wat ook al meer as 3 Miljoen keer gekyk is. 

Om die toekenning nog meer soet te maak het die Tekkies Brand video sopas sy 1 Miljoen kykers trefslae op YouTube verbygesteek. 



Met nog vuurwarm nuwe snitte op pad, word die versekering gegee dat die tekkies dié feestyd om die kuiervure en dansvloere sal aan hou brand…

My Volgende Fout, ‘n duet saam met Jay du Plessis, is nou beskikbaar en ‘n lekker stoute snit, Kuierleier, word op 12 November tesame

met n nuwe musiekvideo vrygestel. Beide gaan sorg vir ‘n groot party.

Soos Irene-Louise van Wyk sê; 2022… Bring it on!

LUISTER MY VOLGENDE FOUT HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: