IRENE-LOUISE VAN WYK, DIE KUIERLEIER

Irene-Louise van Wyk het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie. Die afgelope ses jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar. Die geesdriftige blondekop bekend as die Meghan Trainor van Suid-Afrika het met liedjies soos “Ek Voel Soos Oee” en ”Hou Jou hande van My Lyf AF” ‘n unieke klank na Afrikaanse Musiek gebring. Sy het egter besluit om ‘n nuwe rigting in te slaan met haar musiek en sy en Roux Cloete en Dirk van Niekerk het doelbewus daarop gefokus om musiek te skryf wat mense se voete sal laat jeuk om te skoffel.

Die gevolg was Tekkies Brand wat huidiglik met meer as 1,2 miljoen kykbeurte op Youtube spog. ”Ek was baie senuweeagtig oor hoe mense die liedjie gaan ontvang, want mense hou van my unieke klank.” het sy gedeel. ”Toe ek my stem gaan opneem het by Sean Butler, het ons aan die liedjie begin skaaf en het ek meer va dit begin hou. toe ek die finale gemengde snit ontvang het was ek so opgewonde en alle angstigheid oor die liedjie en wat mense gaan dink het verdwyn.”

Irene-Louise het die sukses van Tekkies Brand met My Volgende Fout, wat sy saam met Jay opgeneem het. My Volgende Fout is binne een week reeds 99k keer gekyk op Youtube, maar goeie goed kom seker in drie’s want Irene Louise het pas ‘n musiekvideo vir nog ‘n nuwe enkelsnit vrygestel getiteld: Kuierleier.

KYK NOU NA KUIER LEIER HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: