IMKE, DIE STORIE ”AGTER STERKER AS”

IMKE

ImkE het in 2020 haar poptreffer, Dans Tot Die Son Opkom bekend gestel en nou is sy terug met ‘n sielvolle kontemporêre snit, Sterker As.“Wanneer ek ’n liedjie skryf, begin ek gewoonlik eers by die melodie. Die klavier praat met my; daarom is dit vir my geriefliker om dan só aan my liedjie te skaaf. Iewers in my gedagtes bestaan die tema dan reeds. In hierdie geval, Sterker As.

”Die gedagte agter Sterker As is dat elkeen dit self moet voltooi, byvoorbeeld: Ek is sterker as my siekte, die verhouding waarin ek is, my omstandighede wat my terughou. Jy is sterker as jou heel grootste vrees, die berg wat voor jou lê, jou toekoms wat jou bang maak, die spoke van jou verlede.

Gideon Botes het die liedjie vervaardig en Christiaan Baartman was by ’n gedeelte van die afronding van die liedjie betrek. Imke wil met hierdie enkelsnit mense inspireerom, tenspyte van hulle omstandighede vir hulle self optestaan. “Ek wil die boodskap oordra dat elkeen vir sy eie geluk verantwoordelik is,” vertel sy. Vind jouself weer! Hoop op dit wat kom! Jy is sterk genoeg! Wanneer jy dít glo, sal jy joutoekoms op die horison sien.

Die enkelsnit is vanaf 12 November beskikbaar op alle digitale platforms.

LUISTER NA STERKER AS HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: