SOSIAAL DIGITAAL

HIER IS JOU KANS OM OP TV TE VERSKYN

Sosiaal het sy vinger op die pols van die vermaaklikheids bedryf so indien jy nog altyd op TV wou verskyn is hierdie jou kans. Hier volg ‘n lys van werklikheids reekse wat op soek is na deelnemers.

“KLIEK” OM DIE VIDEO

Via se gewilde vlerksleep program, Date Agter-uit, maak reg vir sy tweede seisoen en hulle is opsoek na 26 avotuurlustige en- kellopendes om deel te neem. Die reeks is ‘n sosiale eksperiment waar twee vreemdelinge, binne een dag, al die groot mylpale van ‘n ernstige verhouding in tru-rat moet beleef voor hulle kan besluit of hulle mekaar vir die eerste afspraak wil ontmoet.

Die program werk as volg:

Twee vreemdelinge word geblinddoek en ontmoet mekaar vir die heel eerste keer in die bed, tydens hulle fop-wittebrood. Na hulle mekaar tussen die lakens leerken het, word hulle na aparte aantrekkamers gestuur om iets meer formeel aan te trek, want die volgende keer wat hulle mekaar sien is voor hulle vriende en familie by die onthaal van hulle fop-troue. Hulle gaan dan vorentoe, agteruit deur om die tafel te kuier met mekaar se naastes tydens hulle eerste familie-ete. Hulle laaste afspraak as ‘n paartjie is tydens hulle eerste romatiese wegbreek. Aan die einde van die dag klim die twee in aparte voertuie waar hulle moet besluit of hulle mekaar vir die eerste afspraak wil ontmoet en of hulle alleen wil huis toe gaan.

As jy wil deelneem stuur ‘n kort video na casting@coolerboxbrothers.com met jou naam en Date agter-uit as die onderwerp om jou inskrywings vorm te bekom.

Let wel dat verfilming in Pretoria gaan plaasvind.

Ontwerper Diaan Daniels maak reg vir die volgense seisoen van sy gewilde werklikhueds reeks, Die Bruid-Boetiek en hy is opsoek na 26 voornemende bruide om deel te neem aan die reeks.

Die reeks werk as volg:

Die Bruid-boetiek is program wat bruide help om die perfekte rok te vind vir hulle spesiale dag. ‘n Bruid en 3 lede van haar bruids-partytjie besoek Diaan Daniels by sy Boetiek. Tydens ‘n informele gesprek bespreek Diaan en die gaste hul begroting en watter styl hulle dink by die bruid sal pas. Diaan neem dan die bruid eenkant toe waar hulle haar voorkeure bespreek en waar hy haar vra om haar verlowing storie te deel. Die bruid word na die aantrekkamer gestuur terwyl Diaan ‘n paar ontwerpers rokke gaan uitsoek om aan te pas. Die bruid pas die verskillende rokke aan en haar bruidspartytjie lewer hul opinies en insae totdat hulle ‘n rok gevind het wat almal gelukkig maak.

As jy wil deelneem moet jy ‘n video van jouself stuur na casting@coolerboxbrothers.com met jou naam en Die Bruid-Boetiek as die onderwerp.

Let wel dat verfilming in Fourways in Johannesburg sal plaasvind.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: