FRANJA DU PLESSIS BRING DIT!

POP STAR

Franja is reeds ‘n bekende naam in meeste Afrikaanse huishoudings. Nie net is sy ‘n sanger, liedjieskrywer, musikant en vervaardiger nie, maar met twee Ghoema toekennings en treffers soos My Verhaal en Hittegolf agter haar naam is sy beslis iemand om dop te hou.

Sy is terug met nuwe, oorspronklike musiek en die publiek kan solank hulle skoene afstof want dit is tyd vir dans.

Die eerste enkelsnit Bring Dit vanaf haar nuwe album, gaan jou beslis jou voete laat jeuk. Omdat Franja self baie van dans hou, veral langarm, was dit die inspirasie agter hierdie treffer.

“Ek wou nog altyd ’n liedjie geskryf het waarop mense lekker kan dans. Dit is vir my een van die lekkerste goed as jy saam met jou vriende, familie en mense waarvoor jy lief is bymekaar te kan kom en net lekker saam te dans en kuier,” vertel Franja.

Franja sê sy hou nogals daarvan om die woorde Bring Dit te gebruik, of dit nou is om haar vriende uit te daag, sodat ’n mens kan sien wie die beste dans “moves” het of om net te kyk wat die lewe na haar kant toe gooi.

Haar album Los Jou Hart bestaan uit agt liedjies, sewe nuwe oorspronklike snitte uit Franja se pen en een “cover” wat haar baie na aan die hart lê.

KYK NA BRING DIT SE MUSIEKVIDEO HIER

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: