SOSIAAL DIGITAAL

FIKS OF NIKS

MET JVL

Somerlywe word in die winter maande gebou en vir die van ons wat nuwejaarsvoorneminge gemaak het om ʼn nuwe lyf op op die strand ten toon te stel is dit nou die tyd om vas te byt en te volhard.

Ons almal weet dat dit nie altyd maklik is om ʼn gesonde lewensstyl te handhaaf nie. As jy resultate wil sien moet jou eetplan met ʼn oefenprogram gepaard gaan en as jy ʼn besige skedule handhaaf of gereeld moet reis is dit soveel moeiliker om ʼn plek of om die tyd te vind om jou oefensessie in te werk.

FOTO: VERSKAF DEUR JVL

Ons het ook ʼn vreemde jaar beleef en een ding wat die inperking ons ook geleer het is dat toegang tot n gym nie altyd ʼn gegewe is nie. So hoe gemaak as jy fiks en gefokus wil bly? Angelique van der Linde van JVL en legallyfit.co.za het ‘n plan om jou te laat sweet selfs wanneer jy nie by die gym kan uitkom nie. Hier onder deel sy n oefen program wat sy rondom n paar huishoudelikke items ontwikkel het. Geen masjiene of gewigte word benodig vir die program nie. So trek solank jou besemstok en water bottel nader en maak reg vir ʼn intesiewe oefensessie wat jy tuis of self in jou hotelkamer mee kan afreken.

FOTO: VERSKAF DEUR JVL

Angelique vat jou deur 16 weke se oefen planne, eet programme, videos wat jou stap vir stap die oefening verduidelik en soveel meer.

As jy opsoek is na iets meer en dieper as net gewigsverlies, sluit dan vandag aan by legallyfit.co.za ram wat sy rondom n paar huishoudelikke items ontwikkel het. Geen masjiene of gewigte word benodig vir die program nie. So trek solank jou besemstok en water bottel nader en maak reg vir ʼn intesiewe oefensessie wat jy tuis of self in jou hotelkamer mee kan afreken.

Sluit vandag aan by die Legallyfit webwerf en kry ‘n nuwe liggaam en positiewe denke.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: