EMOSIONELE SEREMONIE OM THEUNS JORDAAN TE GROET

Die afsterwe van ons geliefde musiekheld, Theuns Jordaan, het Afrikaanse mense in rou gedompel en eerskomende Vrydag, 26 November om 11:00, sal daar tydens ’n intieme seremonie hulde aan Theuns gebring word. Dié geleentheid sal deur Theuns se Pa, Willie Jordaan, en verskeie van Theuns se musiekvriende bygewoon word.

As gevolg van huidige Covid-19-beperkings op begrafnisse word slegs 100 gaste toegelaat, maar elke ondersteuner van Theuns sal wel kan deel wees van die verrigtinge deur op Afrikaans is Groot se YouTube-kanaal en Theuns se Facebook-blad in te skakel. Die diens sal regstreeks vanaf die Moreletapark Gemeente in Pretoria uitgesaai word. Ds. Pieter Badenhorst sal die diens waarneem.

Van Theuns se naaste musiekvriende in die bedryf soos soos Bok van Blerk, Ricus Nel en Dozi sal ook die geleentheid bywoon en huldeblyke sowel as sangitems lewer. Kisdraers sluit ondermeer Kurt Darren, Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld in.

Kunstenaars soos David Kramer, Anton Goosen en Valiant Swart sal nie die geleentheid kan bywoon nie, maar videoboodskappe van dié kunstenaars wat na aan Theuns gedurende sy loopbaan was, sal gespeel word.

Terwyl Theuns se pa die geleentheid sal bywoon om bedankings namens die familie te doen, sal sy Ma, Maryna, ongelukkig nie kan reis om by die diens te kan wees nie. Sy is in ’n versorgingseenheid in Bethulie en Theuns se enigste suster, Linda, sal by haar ma wees vir onderskraging. 

Streng veiligheidsmaatreëls sal geskied om te verskere dat alles stiptelik sal geskied.

Dit sal gratis wees om op die kanale te stroom. Hier is die skakels:

Afrikaans is Groot se YouTube-kanaal

Theuns Jordaan se Facebook-blad

1 thought on “EMOSIONELE SEREMONIE OM THEUNS JORDAAN TE GROET”

  1. Rus in vrede Theuns, jy het jou siekte met waardigheid gedra. Ek het nêrens gelees hoe jy kla en murmureer nie, eerder gesien hoe jy jou hand steeds na ander uitsteek om hulp aan te bied. Jy is nou veilig by jou Skepper, mag almal juis daarin vrede vind omdat jy – na my mening – te jonk was om nou te gaan. Ek dink nie daar gaan ooit weer iemand wees wat jou lae note kan sing nie, jy was (is) uniek. Soos bloed, so is jy vir my …

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: