SOSIAAL DIGITAAL

DOODGEWONE JO, ‘N BESONDERSE MAN

Afrikaanse Rocker, Jo Black het eersdaag sy debuut gemaak as TV-aanbieder op sy splinternuwe gesels-program, Doodgewone Jo, op Via (Dstv kanaal 147).

In die nuwe reeks leerken kykers ‘n ander kant van Jo soos wat hy op rusbank kuier met mense wat hom inspireer en met van sy vriende in vermaaklikheids bedryf en met Jo as aanbieder kan kykers groot name soos Elana Afrika Bredenkamp, Demi-lee Moore en selfs die legendariese Leon Schuster in die studio verwag.

In elke episode pak Jo ook avonture met van ons land se bekendes aan in ‘n segment genaamd ‘Vreesloos’. Kykers het al reeds beleef hoe Jo en sy goeie vriend, die sanger Refentse, teen mekaar in super-karre ‘’dice’’ en hulle kan nog uitsien na ’n jag-ekspedisie saam met Appel, ‘n swaardgeveg tussen Jo en sanger Elandré en selfs taktiese skiet tussen Jo en sy ou skoolvriend Ampie. Jo moes selfs sy hoogtevrees oorkom terwyl hy rotsklim teen die skreeu-snaakse Peach van Pletzen en abseil teen voormalig Mr. Suid-Afrika, Passela aanbieder en algehele man van staal, Paul Rothman.

In die eerste seisoen kan kykers ook volg hoe Jo en Nadine Vosloo, van Tjhoko Paint, deur die loop van dertien episodes ‘n koffie-stasie bou en elke episode word afgesluit met ‘n ander musikale gas. Die reeks hou alreeds kykers vasgenael voor hulle skerms en dit is meestal te danke aan die Jo Black-effek.

Met sy growwe baard en tatoeërmerke wat van sy skouers tot op sy vingerpunte strek is is dit as of Jo black bedoel was om ‘n ‘’rock star’’ te word. Sy rasper diep stem en sy digterlike lirieke help natuurlik sy saak, maar dis sy karakter wat mense nader trek. Jo is soos ‘n tipiese stout, matriek seun. Hy is vinning met n grap en altyd opsoek na die volgens avontuur, maar hy het ‘n hart wat groter is as enige ballade wat hy kan neerpen. Dit is dalk waar die enigma, wat Jo Black is, lê. Sy natuurlike charisma maak dat hy vir die verhoog bedoel is, maar Jo is nie iemand wat die kollig gejaag het nie, dit het hom kom soek. Jo is toevallig ontdek, toe ‘n platebaas, oppad na ‘n vergadring by die verkeerde kroeg ingestap het tydens Jo en Roan Ash se laaste liedjie vir die aand en die res geskiedenis.

Dit is dalk hoe ons Jo Black die musikant leerken het, maar nog lank voor Skepe ons klankgolwe oorheers het, het Jo Engelbrecht, as deeltydse musikant en voltydse kontrakteur, reeds ‘n groot gevolg gehad weens sy mentorskap programme.

Jo en sy broer Willem het in Februarie van 2019 ‘’Geared for Life’’ geloods waar hulle seuns wat deur die sisteem se krake geval het deur leierskap kampe neem. Die kampe fokus om seuns se selfvertroue deur avontuur en spanbou-oefeninge te bou met die gevolg dat probleemkinders as leiers in hulle skole begin uitblink.

In 2015 het Jo ook sy ‘’Be That Guy’’ en ‘’Be that Girl’’ veldtog begin, met die fokus kern waardes soos leierskap, integriteit, respek en eerbaarheid te bevorder. Jo het al reeds praatjies by honderde skole landswyd gelewer en word gemotiveer om afknouery by skole te bekamp en kinders selfvetroue te bou.

Sy grootste doel is om verandering te verwesenlik. Jo Black is meer as net ‘n vermaaklikheids-ster, Jo Black is ‘n beweging.

Skakel in na Doodgewone Jo, Dinsdae 20:30, slegs op Via kanaal 147 op DSTV

FOTOS: MARK REUBEN

“KLIEK” OM DIE VIDEO TE SPEEL

Luister nou na Jo Black en Refentse se nuwe enkelsnit: Rig jou oë op na die berge

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: