DOEN DIT SELF MET DIE TJHOKO BOEK

NADINE VOSLOO THJOKO PAINT

DIY ghoeroe en TV persoonlikheid, Nadine Vosloo het pas haar eerste boek, Tjhoko – Ons Mense, Ons Kleure, Ons Stories bekend gestel. Vosloo, wie saam met Sanger Jo Black die Tyd Vir Timmer segment op sy geselsprogram Doodgewone Jo aanbied beskryf die boek as ‘n passieprojek wat oor ‘n tydperk van ‘n jaar saamgestel is.

”Toe Tjhoko ontstaan het, het ek die droom gehad om ‘n boek te skryf wat ons ons hartstog beskryf. Die boek vertel die storie van ons mense na wie die verskillende kleure vernoem is en verduidelik die emosie van elke kleur”, vertel Nadine. Die boek is ook gelaai met inspirasie met 42 projekte wat stap vir stap verduidelik word.

Volgens Nadine is die Tjhoko boek, ‘n mooi boek wat jou gaan wys hoe om die mooi self te verwesenlik. ”Daar is nogsteeds bladsye waar ek huil. Daar is mense wat nie meer leef nie wat stilletjies ‘n rol gespeel het. Dan is daar huil van dankbaarheid en dan is daar oomblikke wat ek net glimlag wanneer ek onthou hoe ons gewerk het om die shoots aanmekaar te sit,” straal sy.

Die boek is reeds beskikbaar, in Switserland, Australie en Nieu-Seeland en kan in beide Engels en Afrikaans bestel word. Boeke geteken deur Nadine kan ook aangevra word.

BESTEL JOU TJHOKO BOEK AANLYN HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: