SOSIAAL DIGITAAL

DIE BRUID-BOETIEK IS WEER OOP!

Mode-ontwerper, Diaan Daniels en mode-konsultant Chantel-lee Kortjie keer eersdaags terug na Via met die tweede seisoen van hulle gewilde werklikheids reeks Die Bruid-Boetiek.

In elke episode volg ons Diaan en Chantel-lee deur die aanpaskamers van Diaan Daniels Couture terwyl hulle toekomstige bruide help om hulle droom trou-rokke te vind.

Volgens Daniels gaan die tweede reeks groter en beter wees met meer as 45 nuwe ontwerpe. ‘’ Dit bestaan uit my nuwe Diaan Daniels ready-to-wear reeks, asook reekse deur internationale ontwerpers wat eksklusief deur ons aangehou word.’’ Die nuwe reekse sluit in Randy Fenoli van ‘’Say yes to the dress’’ faam, Colet by Nicole Milano, Modeca en Ashley Graham by Pronovias.

Chantel-lee is veral opgewonde oor die Ashley Graham by Pronovias reeks. ‘’ Hierdie reeks is spesiaal ontwerp vir ons plus-size bruide en dit is altyd ‘n lekker gevoel, wanneer ‘n bruid by ons winkel instap en dit nie saak maak wat haar grootte is nie, want ons het trou rokke wat almal kan pas.’’

Diaan het al vele bekendes soos Rolene Strauss en Kurt Darren per geleentheid aangetrek, maar sy doelwit is nou om die algemene kliënt se mode droom te bewaarheid. ‘’Dit beteken ongelooflik baie as ek iemand se drome kan laat waar word en as hulle soos familie begin voel na die proses. Ek Leef vir my passie, kuns en iemand se geluk – as hulle in ‘n uitrusting kan staan en gelukkig is met die eindproduk.

Partykeer gaan dit oor meer as net naald en garing. ‘n Troue is ‘n groot mylpaal en die keuse van ‘n trou-rok is altyd ‘n emmosionele besluit en soos met enige konsultasie moet beide Chantel-lee en Diaan op hulle voete dink wanneer hulle rokke kies vir ‘n kliënt tydens verfilming.

Chantel-lee probeer om ‘n bruid dadelik te analiseer wanneer sy by die winkel instap. ‘’ Ek kyk na die bruid se liggaams bou, hoe sy praat, hoe sy aantrek, haar bykomstighede en selfs hoe haar hare gestyl is. Dit vertel vir my baie oor haar persoonlikheid en dan kan ek begin dink oor watter tipe rok haar bou en styl gaan komplimenteer, gewoontlik werk dit sewe uit die tien keer.’’

Diaan het ook ‘n unieke benadering. ‘’Dis nie net die bruid se styl en wat sy soek waarna ek oplet nie. Wanneer ‘n bruid by my winkel instap kry ek dadelik ‘n prentjie in my agterkop oor wat by haar styl en baie belangrik – by haar persoonlikheid sal pas.

”Jy moet nie iemand probeer verander in iets wat hulle nie is nie, maar net ‘n beter weergawe van hulle persoonlike styl na vore probeer bring.”

Deur die verloop van die reeks gaan ons self kan sien hoe Diaan en Chantel-lee hulle kennis inspan om 26 dames te help om hulle beste te lyk wanner hulle voor die kansel gaan staan.

Die reeks gaan ook 13 indrukwekkende ontwerpe van Diaan insluit wat hy vir ‘n paar spesiale kliënte gemaak het. Seisoen twee van Die Bruid-boetiek gaan beslis sorg vir mode tot in die oortreffende trap.  

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: