DEMI LEE MOORE, KAN JOU NIE MY MAAK LIEFHÊ

DEMI LEE MOORE

Demi-Lee Moore het pas ons dag gemaak met ‘n die vrystelling van ‘n musiekvideo vir haar nuwe enkelsnit, Kan Jou Nie My Maak Liefhê. Die sangeres het ‘n paar weke terug al op haar sosiale media blad uitgelaat dat ons nuwe musiek kan verwag en die tyd het uiteindelik aangebreek.

Haar vorige musiekvideo vir Maak My Jou Tequila het al meer 2,6miljoen kykbeurte op Youtube geniet en ons het ‘n gevoel dat Kan Jou Nie My Maak Liefhê dieselfde impak gaan maak.

Die sielvolle ballade se lirieke vertel ons van ‘n liefde wat nie wedersyds ervaar word nie en voel meer teer as gevolg van Demi Lee se emmosie belaaide interpretasie van die lied.

Die Lirieke is as volg; ”Kan jou nie my maak liefhê Jou hart soek nie wat hy nie wil hê Jou mond kan ook nie praat wat dit nie wil sê Ek kan jou nie my maak liefhê” en dit mag dalk net ons gunsteling nuwe ‘breakup song’ word.

KYK NA KAN JOU NIE MY MAAK LIEFHÊ SE VIDEO HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: