DARYN’S GYM GEKIES VIR DIE 51ste INTERNASIONALE ROLPRENTFEES IN ROTTERDAM!

DARYN'S GYM

DARYN’S GYM, die komedie deur skrywer en regisseur – Brett Michael Innes, is gekies om deel te wees van die 51ste IFFR (Internasionale Rolprentfees in Rotterdam), waar dit aan die wêreld bekendgestel gaan word as deel van die Grootskerm-kompetisie afdeling van die program.

AKTEUR, CLIFFORD JOSHUA YOUNG VERTOLK DIE ROL VAN DARYN

Die Grootskerm-kompetisie is ’n resultaat van die samewerking tussen die IFFR en VPRO, wat gewilde-, klassieke- en kunsflieks kombineer en sestien rolprente, van regoor die wêreld, aan ’n uitgesoekte gehoor (wat as beoordelaars optree) vertoon.  

“Ek is aangenaam verras,” sê Innes oor die geleentheid om deel te wees van hierdie fees. “Dit is baie moeilik vir ’n komedie om gekies te word vir so ’n fees, omdat dit gewoonlik uitgelaat word vir ernstiger materiaal. Die meeste Suid-Afrikaanse rolprente wat al hier vertoon is, het gefokus op die land se pyn trauma, so dit is regtig ’n groot pluimpie dat hierdie fliek – wat menslikheid vier – deel vorm van hierdie geleentheid.”  

Voor die pandemie, sou rolprentvervaardigers Rotterdam toe gaan om die fliek vir gehore te wys, maar as gevolg van die onlangse afsonderingsmaatreëls in Nederland is hulle genoodsaak om ’n aanlyn-fees te hou. Dit sal vanaf 26 Januarie tot 6 Februarie 2022 plaasvind en sal meesterklasse en ander inhoud insluit.  

“Ons is natuurlik teleurgestel dat ons die fees nie in persoon kan beleef nie,” sê vervaardiger, Paulo Areal. “Ek was bevoorreg om dit in 2018 by te woon toe my fliek ‘ELLEN: DIE STORIE VAN ELLEN PAKKIES’ deel was van die program en die fees se liefde en ondersteuning aan filmmakers het my baie beïndruk.”

DARYN’S GYM speel af in ’n familiegimnasium in Randburg en vertel die storie van Daryn Jnr se struwelinge met die genadelose eienaar van ’n multinasionale fiksheidsentrum. Nuweling, Clifford Joshua Young, speel die hoofrol, terwyl ander akteurs soos Hlubi Mboya, Natasha Sutherland, Siv Ngesi en Deon Coetzee ook in ondersteunende rolle te sien is.

KYK DIE LOKPRENT HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: