SOSIAAL DIGITAAL

CHRISTIA VISSER BESTE LEUEN WEN

DEUR GEORGE VAN ROOYEN

As ‘n aktrise het Christia Visser al verskeie karakters met uiterse oorgawe en deurnis vertolk en met rolle in Die Boekklub en Tess het sy beide die klein- en silwerskerm verower. Min het ons toe geweet dat sy haar visier op die klangolwe ook gestel het, want met haar album Gemaklik Verlore het sy haarself onmiddelik gevestig as ‘n gerekende pop-kunstenaar en met liedjies soos DIE DEUR en 17 SHOTS het sy beide ‘n unieke klank en perspektief na Afrikaanse musiek gebring. Nou is Christia terug met haar nuutste enkelsnit, BESTE LEUEN WEN, en ek het ‘n bietjie met haar gesêls oor haar proses.

V: Eerstens, BESTE LEUEN WEN is flippen koel, maar hoe was dit om terug in die studio te wees na hierdie vreemde jaar? 

 A: Heerlik soos altyd! Dis ‘n kreatiewe spasie en gee my uitlating aan heelwat emosie en idees. 

 V: Het jy dit enigsins anders aangepak teenoor jou vorige album? 

 A: Nie werklik nie, ek glo daarin om te gaan met dit wat reg voel in die oomblik, om te skryf oor dit wat vir my saak maak en nuwe goed te probeer. Dis alles ‘n stelselmatige groei proses vir my en my aanhangers. 

 V: Het jy enige druk ervaar om die sukses van 17 SHOTS op te volg? 

A: Tot ‘n mate ja. Natuurlik is dit vir ons almal belangrik dat my musiek relevant bly, maar meer as dit wil ek graag hê my aanhangers moet saam met my groei, so ‘n suksesvolle nuwe enkelsnit is ‘n goeie teken! 

 V: Hoe het die proses gewerk met die skryf en opneem van BESTE LEUEN WEN? 

A: Ek het saam met my platemaatskappy ‘n ‘’mini writing workshop’’ gedoen waar ons idees uitgeruil het, daar het ek met die titel idee opgekom en ons het aan melodie begin skaaf. Ek het die lirieke by die huis gefinaliseer en daarna is ons in studio toe om dit vas te lê. Ek hou van n ongevorseerde organiese proses. 

 V: Waaroor gaan BESTE LEUEN WEN? 

A: Dit gaan vir my daaroor dat of jy nou glo jy gaan suksesvol wees en of jy ‘n ‘’failure’’ gaan wees, dit is die “leuen” wat jy die meeste krag gee wat op die ou einde gaan waar word. Jy het klaar ‘n goeie hand, speel hom. 

V: Wat is die beste leuen wat jy al ooit vertel het? 

A: Ek is eerlikwaar nie ‘n baie goeie leuenaar nie, ek dink dis ‘n “skill” wat ‘n mens seker maar ongewensd oefen, want my ore raak bloedrooi en my brein raak ooraktief, ek sukkel om met myself saam te leef. Maar, ek het beslis al gejok, soos as my man vra wie het al die tjoklits opgeëet… natuurlik nie ek nie! 

 V: Jy het ‘n unieke klank as ek jou met ander Afrikaanse kunstenaars vergelyk. Wie inspireer jou en inkorporeer jy dit in jou eie musiek? 

A: Ek luister na ‘n verskeidenheid musiek, in n verskeidenheid van tale en kulture. Ek soek vir nuwe klanke en word geïnspireer deur die lirieke en wat die musiek my laat voel en ja, ek gebruik dit dan beslis as inspirasie. Op die stadium geniet ek Indie-pop die meeste. 

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: