SOSIAAL DIGITAAL

CARLA MACKENZIE: VAN TOMBOY TOT TV-STER

Met haar aansteeklike energie is radio omroeper en Musiek Paniek aanbieder, Carla Mackenzie, vining besig om haarself as ʼn gerekende mag in die vermaaklikheids bedryf te vestig. Op haar vasvra-program is Carla in haar element. Haar musiek kennis is onuitputbaar en tussen Suid-Afrika se grootste sterre skerts sy as of sy tussen ou vriende kuier. As sy moes terugflits na haar kinderdae sou dit amper onmoontlik gewees het om te voorspel dat ʼn ‘’tomboy’’ van Stellenbosch ʼn televisie-ster sou word.

Volgens sportmal Carla was sy nie ʼn kind wat baie nodig gehad het nie. ‘’Ek het wel ‘n fasinasie gehad met balle. Sokker balle, tennis balle ensovoorts en ek het buitengewone ball sense gehad. Ek het selfs my poppe vir balle geruil. Ek het ook elke dag my fiets gevat en van die een buurt, aan die een kant van Stellenbosch, na die ander kant van die dorp gery en gedroom daaroor om in ‘n mooi huis te bly, soos die wat ek rondom my gesien het, en om op radio te wees.’’

HOOF FOTOS: TERSE PHOTOGRAPHY

Te danke aan Carla se ouers, wat met die radio aan geleef het, het sy nog altyd ʼn groot liefde vir musiek gehad. ‘’My ouers het gereeld musiek in die huis gespeel en ons het net radio geluister oppad skool toe. Ek het toe altyd gedink dat ek hierdie mense wil interview met wie ek elke dag my dag begin.’’

Carla het egter nie na skool ʼn loopbaan in radio probeer volg nie en het oorspronklik internationale studies aan die Stellenbosch Universiteit gaan studeer. Haar toetrede tot radio was eintlik heel toevallig. ‘’Ek het my hele lewe lank na MFM geluister.

FOTOS: DEAN DEYSEL EN MARK REUBEN

Die stasiebestuurder was so beïndruk met haar dat hy haar gevra om n loopbaan in radio te oorweeg.

Sy het aangesluit by MFM en die ‘’lunch’’ en ‘’afternoon drive show’’ aangebied.

TOE RADIO BEGIN DOEN HET, TOE BESEF EK EINTLIK DAT DIT IS WAT HEELTYD NOG WOU DOEN.

Carla Mackenzie

Terwyl sy by MFM was, is sy genader deur Good Hope FM om die nuus te lees. In 2015 is sy deur Jacaranda FM genader waar sy tans die SA Top 20 aanbied, as die digitale vervaardiger en redigeerder van Jacaranda FM se ontbyt span, Breakfast with Martin Bester, optree en het sy ook haar eie potgooi op iTunes, Top SA Music with Carla Mackenzie.

‘’TV is vir my verskriklik opwindend. Ek is al nege jaar lank in die radio bedryf maar met TV, net soos toe ek ‘n groentjie op radio was, is ek weer kinderlik opgewonde om te leer en om nuwe dinge te ervaar! In die radio ateljee het ek vyf rekenaar skerms voor my maar op TV is dit net ek. Jy word gestrip en al wat jy het is jouself en jou passie en dis vir my so lekker!’’

Musiek Paniek, waar Carla bekendes help om vier van hulle grootste aanhangers uit te daag om hulle musiek kennis te toets, het van haar Suid-Afrika se vasvae-koningin en ʼn Vrydagaand instelling gemaak en sy is reeds besig om die vierde seisoen die gewilde reeks te verfilm.

Sy het ook intussen haar verskyning op DSTV Roundtable gemaak. ‘’Dit was ‘n interessante konsep. Dit is ‘n paar van die aanbieders en akteurs wat op Dstv programme verskyn wat net lekker saam sit en kuier. Ons gesels oor die shows wat ons aanbied en leer meer oor die verskillende, kwaliteit produksies wat op DSTV is. Daar is ook verskeie insetsels wat baie pret is!’’

“KLIEK” OM TE SPEEL

Dit is wel nie maklik om ‘n loopbaan tussen TV en radio te handhaaf nie en selfs iemand so dinamies soos Carla Mackenzie moet werk daarvan maak om haar balans te vind. ‘’Ek geniet my gate uit, maar die moeilikste deel is hoe die area grys raak tussen rus en werk. Ek moet elke week myself herhinner dat genoeg rus beteken beter resultate. Ek probeer so twee keer ‘n week fiets ry by Emmertia Dam, ek probeer om een keer ‘n week ‘n nuwe gereg te toets by ‘n restaurant en, dit gebeur nie baie nie, maar ek love ‘n middagslapie!’’

Carla is dalk baie besig, maar sy het nog nie ophou droom nie en het nogsteeds groot planne vir die toekoms. ‘’Ek wil graag ‘n potgooi video reeks begin waar ek met Suid-Afrikaanse musiek legendes soos Laurika Rauch, PJ Powers, Francois van Coke en Sipho Hotstix Mabuse gesels.

Andersins, die lewe is so anders en besig deesdae en ek probeer om soveel as moontlik stilte tyd te vind om in te neem en dankbaar te wees vir die ‘blessings’ wat op die oomblik gebeur, want dis magic! EN LANK LEWE MUSIEK PANIEK!’’

En as sy nog ‘n ‘’tomboy’’ met groot drome kan raad gee se sy: ‘’Begin. Dis altyd die moeilikste ding vir my om te doen. Partykeer word die grootste drome vasgevang in iemand wat net 5% ekstra motivering nodig het om te begin!’’

FOTO: TERSE PHOTOGRAPHY

Skakel in na musiek paniek, vrydae 20:30, slegs op Via

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: