ANTON BOTHA LAAT ONS SKOFFEL MET SPLINTERNUWE VELLIES!

SPLINTERNUWE VELLIES

Anton Botha het in 2005 die musiekwêreld betree en het sedertien gehore met die lekkerste saamsing en danstreffers vermaak. En nou is sy nuutste enkelsnit, Splinternuwe Vellies op alle digitale platforms beskikbaar om seker te maak jy kan tot laatnag jou beste langarm moves uithaal.

Splinternuwe Vellies is uit Anton se eie pen en het ‘n nuwe country rock klank. Hy lag lekker as hy dink aan hoe die idee vir die liedjie ontstaan het. “Ek het gedink dit is romanties as ‘n ou dit vir sy meisie moet sê, maar dit het nie lekker op my vrou gewerk nie. Sy het net virmy gelag,” sê Anton skertsend.

Anton beoog met Splinternuwe Vellies dat luisteraars net ‘n bietjie moet pret hê ten spyte van die moeilike omstandighede waarin ons onsself te midde van die pandemie bevind. “Ek wou net ‘n lekker luister en dansliedjie skryf wat almal kan geniet. Ek probeer altyd die ligter kant van dinge sien,“ vertel hy.

Anton luister baie na country musiek en hou daarvan om stories oor gewone mense te vertel deur sy liedjies. “Mense inspireer my, as dit stories oor gewone mense is, nie rykes of bekendes nie, kan soveel meer mense daarmee vereenselwig.”

Jy kan nou Splinternuwe Vellies op jou gunsteling platform stroom of aflaai:

Die musiekvideo vir Splinternuwe Vellies is ook nou op YouTube beskikbaar:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: