SOSIAAL DIGITAAL

ALIASV, SA SE EIE TWITCH-STER

Rekenaarspeletjies is lankal nie meer net net ‘n tydsverdryf vir bleeksiele nie. Die stokperdjie het ontwikkel tot volwaardige loopbaan keuse en van die beste ‘’gamers’’ in die wêreld word dieselfde geag en betaal as professionele sportsmanne.

Ons almal het op een of ander tyd met rekenaar-speletjies gespeel, maar in die vroeë negentigs, toe die internet vir kommersiële gebruik beskikbaar geword, het ‘‘games’’ alles behalwe kinderspeletjies geword. E-toernooie vir speletjies soos Quake, Warcraft en Starcraft het ontwikkel. Dit het ‘n hele gemeenskap van spelers en aanhangers vir die eerste keer bymekaar gebring en teen die jaar 2000 kon spelers reeds soveel as $15000 in ‘n enkele kompetisie wen. Vandag bestaan daar ‘n gemeenskap van ongeveer 2,7 miljard spelers en kan daar in die mees elite kompetisies meer as $30 miljoen gewen word.

“Sosiale platforms soos Youtube en Twitch het van ‘’gamers’’ aanlyn-sterre gemaak. “

AliasV

Sosiale platforms soos Youtube en Twitch het van ‘’gamers’’ aanlyn-sterre gemaak. Mijoene aanhangers, van spesifieke speletjies, skakel daagliks in vir inhoud, resensies of bloot om te kyk hoe hul gunsteling speler ‘’game’’.

Die fantasie kaartspel, ‘’Magic: The Gathering’’ geniet huidiglik groot aandag in die aanlyn gemeenskap en een van die beste spelers in die wêreld is die Suid-Afrikaans gebore Youtube en Twitch ster Eildh Leonie, beter bekend as AlIasV. Ons het met haar gesels vanuit haar tuiste in Toronto, waar sy tans woon saam met haar man en twee katte.

V: Jy is n Suid-Afrikaner! Waar is jy gebore en na wat verlang jy die meeste in ons land?

A: Ja! Ek is gebore in KwaZulu-Natal en ek het groot geword in Johannesburg. Daar is baie dinge waar na ek verlang, veral my familie. Ek verlang na al die kleure en kulture en verskillende plekke. Ek verlang na die donderstorms die natuur lewe en ek mis die kos. Ek het so lanklaas biltong geproe!

V: Wanneer het jy begin ‘’game’’?

A: Ek ‘’game’’ al vir so lank as wat ek kan onthou. Ons het met ‘’TV-games’’ groot geword, ek kan nie eers onthou op watter sisteem ons gespeel het nie, dalk ’n Nintendo. Ek het ook ‘n Gameboy gehad waarop ek Pokemon gespeel het en ek het deur die verskillende PlayStations gewerk soos wat ek ouer geword het. Ek het ‘’PC-games’’ probeer maar ons tuis-rekenaar was te stadig om meeste speletjies te hanteer. Toe ons Kanada toe getrek het, het ek ordentlike rekenaar gekoop en ek was toe mal oor dit.

V: Hoe het jy besluit om te begin ‘’stream’’?

A: Ek en my man het nuuskierig geraak oor ‘’streaming’’ toe ons sewe jaar terug Twich ontdek het, maar ons het dit nooit probeer terwyl ons in Suid-Afrika gebly het nie want ons internet was onstabiel. Toe ons na Toronto verhuis het, het my man al die toerusting gekoop om dit uit te toets, maar hy het dit nie geniet nie. Intussen het ek begin om ‘’Gwent’’ Op PS4 te ‘’stream’’ en uiteindelik het ek sy rekenaar oorgeneem toe ek ‘n bietjie van ‘n gevolg opgebou het.

V: Hoeveel volgelinge het jy gehad toe jy net begin het?

A: Ek kan nie presies onthou nie, maar ek onthou ek het die eendag vir my man ‘n boodskap gestuur omdat ek so trots omdat ek 12 mense gehad het wat gekyk het. Vir die eerste paar weke het ek so gemiddeld van 25 kykers gehad.

V: Was dit baie moeilik om daardie gevolg te bou?

A: Ek was verskriklik gelukkig. Sonder dat ek dit besef het, het ek ‘n speletjie gekies wat nie deur baie ander mense ‘’gestream’’ word nie, so my kyker getalle het redelik vininig gegroei. Ek was ook redelik sigbaar vir ander ‘’streamers’’ en is ‘n paar keer ‘’geraid’’ deur ‘n paar van die groter name end it het my baie gehelp om bekend te raak. Ek het ook probeer om soveel as moontlik te netwerk op Twitch en Twitter.

V: Jy het oorspronklik begin met ‘’Gwent’’, so wat het jou laat besluit om ‘’Magic: The Gathering’’ te begin speel?

A: Ek het al voorheen gehoor van ‘’Magic’’, maar ek het eers besluit om dit self te probeer toe iemand van ‘’Wizards of the Coast’’ my genader het om dit uit te toets terwyl die Arena gesluit was in Beta. ‘n paar ander ‘’Gwent Streamers’’ het ook op daardie stadium besluit om die ‘’game’’ te toets en ek was dadelik verslaaf. Die ‘’game’’ was so kompleks en frustrerend en terselfdetyd belonend, ek kon net nie stop nie. die feit dat jy dit met ‘n fisiese pak kaarte ook kan speel maak dit net soveel beter.

V: Die ‘’gaming’’’ wêreld word oorhoofs gedomineer deur mans, is dit moeilik om erstig opgeneem te word as ‘n vrou?

A: Dit bly maar ‘n stryd. Daar is ‘n groot deel van die gemeenskap wat vroue nie ernstig opneem nie, maar so lank as wat ons aanhou ‘’stream’’ en mekaar ondersteun kan dit net beter word met tyd.

V: Is dit belangrik vir jou om vroue te verteenwoordig in die ‘’gaming’’ wêreld?

A: Dit is belangrik om vir vroue te wys dat hulle ook hulle belangstellings kan volg en as jy ‘n rolmodel het wat soos jy lyk maak, maak dit, dit soveel makliker om dieselfde te kan doen. Dit tel vir almal, nie net vroue nie

V: Hoe beplan jy jou inhoud vir jou kanaal?

A: Ek ‘’stream’’ meestal ‘’Magic’’, so ek gaan maar met wat my meeste interesseer op enige gegewe dag. As ek nie kan besluit nie laat ek my kykers besluit. As ek ’n ander speletjie wil speel sal ek ‘n peiling hou op Twitter om vas te stel wat my kykers wil sien.

V:: kry jy ooit daai internet trolle en hoe hanteer jy hulle?

A: Beslis! Ek het maar metter tyd, maar ‘n dikker vel ontwikkel, so ek steur my nie juis aan hulle nie. As ek hulle snaaks vind sal ek ‘n bietjie met hulle gesels, maar ek moet erken, geniet dit baie om my hammer op hulle te laat sak wanneer ek hulle verban.

V: Wat is die snaakste ding wat al met jou gebeur het tydens een van jou ‘’Streams’’?

A: Ek was besig om ‘n ‘’stream’’ vir ‘n welsyns-organisasie te doen. Ek was besig om die Pokemon tema-liedjie te sing toe my man besluit het om ‘n eier op my kop te breek. Ek het dit glad nie verwag end it was verskriklik morsig, maar ek het wel my liedjie klaar gesing.

V: Wat is die toekoms van ‘’gaming en ‘’streaming’’?

A: Dit gaan net al hoe meer gewild raak soos wat dit vir meer mense toeganklik raak. ‘’Gamers’’ en ‘’Streamers’’ het al reeds die vermoë om miljoene vir welwillendheids werk in te samel en die hele bedryf bly net groei.

V: Wat is Volgende vir AliasV?

A: Ek is besig om voor te berei vir die ‘’Magic E-sports’’ en ‘’Extra Life’’ toernooie. Andersins sien ek uit na nuwe stelle, nuwe games en lekker tye op Twitch saam met my ongelooflike gemeenskap!

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: