SOSIAAL DIGITAAL

AFRIKAANSE TEATER IN HONG KONG

FOTO: ANIKA NEL

Die grootste tragedie wat kunstenaars in 2020 ondervind het was die ongelooflike knak in hul geloof in die kunste en meer spesifiek hul geloof in teater. Groot wêreld gebeure soos resessies, oorloë, pandemies en groot natuurrampe gebeur van tyd tot tyd. Dis gedurende hierdie tydperke waarin die wêreld in ‘n soort skok psigose gaan en die mens se geloof in die ‘normale’ na die ‘abnorbale’ verander.

In 2020 met die uitbreek van COVID-19, het ou vrae meer brandend noodsaaklik geraak vir die kunste en veral vir ons wat die teater ons huis noem; gebrek aan finansiering, gehoor bywoning, die ondergang van produksiehuise. Is teater dan n voetnota in wêreldgekiedenis? Later meer hieroor.

‘n Vlug na Hong Kong duur plus minus dertien ure. Daar bly 7.5 miljoen mense in die stad; om en by 3000 van hulle is Suid-Afrikaners, meestal onderwysers, vlieëniers en die wat ‘n kop vir nommers het.

Die gebied is bekend vir sy wolkekrabbers, lang werksure, klein woonstelle en goeie vergoeding. Waarvoor dit nie in Suid-Afrika bekend is nie, is as ‘n brandpunt vir die kunste en kulturele aktiwiteite en veral nie as n plek vir teatermakers nie. Dit het Lymari Alberts gepla. Sy het dit eintlik as ‘n persoonlike aanslag ervaar.

Lymari het die besluit gemaak om Hong Kong toe te trek na dat sy op Republic rylaan in Johannesburg se verkeer vasgesit het. Hong Kong was nie haar eerste keuse nie. Inteendeel, daar was aanvanklik nie veel rede vir Hong Kong om hoog op haar lys te wees nie. Daardie aand het sy Google betree met ‘n wilskrag wat gemaak het dat haar sleutelboard kletter onder die suiwer laser-fokus van iemand wat wil vlerke groei. Twee maande later sit sy op O.R. Tambo, vlugkaartjie en paspoort in hand, reg om die wye wêreld in te vaar. Die bestemming het min saak gemaak op hierdie stadium. Haar enigste voorwaarde was dat sy, waarookal sy haarself bevind, kan teater maak.

Sien, teater is in haar bloed. Sy kan nie sonder dit nie. Dit is soos asemhaal en die tye waar sy haar asem moet ophou, soos byvoorbeeld, gedurende bogenoemde rampe en abnormaliteite is ‘n doodsvonnis vir juffrou Alberts.

Sy was voorwaar effe geskok met Hong Kong se lewendige en gesonde teater lewe. Die stad het teaters, akteurs, skrywers en regisseurs; alles wat ‘n mens nodig het. Maar in Lymari se oë, was dit slegs om aan die oppervlakte te krap van die moontlike potensiaal.

As ons eerlik moet wees, was haar kuns nie die eerste ding wat sy aan gedink het toe sy hier geland het nie. Sy moes eers haar voete vind tussen die neon ligte en dim sum restaurante. Een ding wat ‘n mens nie kan sê van Hong Kong nie, is dat die stad nie weet hoe om te spog nie. Enige expat sal erken dat hulle eers vinnig oor die honderde markies, eetplekke en duisende straatjies en stegies met die wêreld se geheime en skatte kom, voor hulle kan dink aan ‘n lewe bou. Lymari was geen uitsondering nie. Maar dit was nie lank voor haar hart na die verhoog begin hunker het nie. Dit was nie lank voor sy vir Hong Kong gewys het wat Suid-Afrikaanse teater is nie.

Mooi Annie, geskryf deur Berdene Burger, is ‘n een vrou vertoning en is omtrent so Afrikaans as wat ‘n mens kan wees. Dit vertel die verhaal van Annie, ‘n jong dame wie in die Kaap woon en smoor verlief is op die ou Suid-Afrikaanse volkheld, Wolraad Woltemade. Die produksie het binne dae uitverkoop.

FOTO: ANIKA NEL

Die gehoor, meestal Afrikaans sprekendes, was uit hulle velle uit. Hier was ‘n Suid-Afrikaanse storie, gedoen in die enigste Suid-Afrikaanse restaurant in die stad, gepaard met die heerlikste Suid Afrikaanse kos! ‘n Feit wat later aan die lig gekom het was dat Mooi Annie die eerste Afrikaanse teater stuk ooit in Hong Kong was. Dit was Lymari se eerste sukses as akteur en vervaardiger in Hong Kong.

Die interessante ding rondom Mooi Annie is die feit dat daar nie net Suid-Afrikaners in die gehoor was nie. Daar was Britte, Amerikaners, Austrliërs en, natuurlik, Sjinese. Nie een van hulle praat Afrikaans nie maar hulle het gelag en gehuil saam met die Afrikaans sprekendes.

Dit is waar Lymari haar rol as vervaardiger van teater in Hong Kong werklik aangeneem het. Dit was ook die begin van ‘n idee wat baie vining vlam gevat het: bring Suid- Afrikaanse Teater Hong Kong toe, en vat Hong Kong Teater terug huis toe. Filiosofies maak dit sin. Mense het ‘n natuurlike aanvoeling en vermoë om visuele beelde en gebeure te verstaan. Lymari noem dit die taal van kuns en teater.

Haar volgende treffer was Lungs deur Duncan Macmillan met oorpspronklike vervaardiging en regie deur J.P. du Plessis. Die stuk is na Afrikaans vertaal en in altwee tale vertoon met Suid-Afrikaners wat die rolle vertolk. Die produksie was ook binne dae uitverkoop en gehore kon nie genoeg kry nie.

En toe kom 2019. Die jaar van betogings oor ‘n kontroversiële stukkie wetgewing wat sou toelaat dat mense in Hong Kong na Sjina toe uitgelewer kon word. Alles kom tot ‘n stillstand. Mense het gedink dit sal oorwaai. Inteendeel, daar was dae wat miljoene mense op straat gesien is. En hulle was kwaad. En hoe langer dit aangehou het, hoe erger het dit geword. Vir maande het elke straathoek ‘n polisie offisier met oproeruitrusting gehad. Hoofweë is toegemaak en publieke vervoer, wat gewoontlik ongelooflik betroubaar is, is gekniehalter. Daar was ‘n konstante wasigheid van traangas in die lug. En wat gebeur? Gehore kom nie teater toe nie. Die teaters maak toe. Produksies word uitgestel of gekanseleer. Die kunstevrae maak weer hulle rondes. En geloof in die kunste word opsy geskuif.

Maar die wat deur sulke tye geleef het, weet moeilike tye genereer goeie kuns. Kuns vertel die stories wat die nuus nie altyd kan nie. Kuns wys ons wat dit beteken om werklik mens te wees. Kuns – teater – mag nie sterf nie. Lymari weet dit ook. Dit is haar geloof in die kunste wat toelaat dat sy na Lungs, ‘n tweede produksie Hong Kong toe kon bring. Tracks geskep deur Maude Sandham en Nikki Pilkington, was tussen deur die storm en drang van optogte en protes, op ‘n verhoog gesit en Maude en Nikki het die gehoor gegee wat hulle verdien in sulke tye.

Lymari se volgende projek is om ‘n teater geselskap van Hong Kong na Bloemfontein toe te stuur vir die jaarlikse Vryfees kunstefees. Sy wil brûe bou, kommunikasie skep in die universele taal van die teater.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: