ADAM VIER KERSFEES MET ‘N HOENDERVLEIS WEERGAWE VAN ‘OH HOLY NIGHT’

Suid-Afrika se gunsteling-mansgroep, ADAM, het hierdie jaar besluit om een van die mooiste Kersliedere van alle tye op te neem en as ‘n enkelsnit uit te reik.  O HOLY NIGHT is  gewis ‘n goue lied wat nooit oud sal word nie en die groep wou al vir jare ‘n spesiale weergawe van dié lied opneem.  

Hulle voel dit was nou die regte tyd om dit te doen en ‘n musiekvideo vir hierdie pragtige weergawe sal ook gedurende die middel van Desember op ADAM se sosialemedia platforms uitgereik word.  Dit is vervaardig deur ABS Produksies by Photo Factory in Boksburg met ‘n eenvoudige konsep waar ADAM geskenke aan hulle jonger aanhangers uitdeel. “Ons het ‘n heerlike tyd saam met die kinders spandeer en dit was wonderlik om die vreugde op hulle gesiggies te sien toe hulle, die geskenke oopmaak.  Ons hoop dit kom oor in die musiekvideo”, sê Kyle Grant.

Die ander twee lede van die groep, Hugo Ludik en Christoff de Beer stem saam en die drie lede wens hulle aanhangers en die publiek die mooiste Kersfees en ‘n Voorspoedige 2022 toe.  “Ons kan nie wag om in 2022 in elke liewe dorpie in Suid-Afrika te kom optree nie! Dit was ‘n lang jaar en ons smag daarna om weer vir ons aanhangers te kan sing en musiek maak”, sê Hugo Ludik.

O HOLY NIGHT is nou aanlyn beskikbaar.

LAAI DIT AF HIER:

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: