SOSIAAL DIGITAAL

7DE LAAN SE ROMEO RAP

deur George van Rooyen

Clint Aplon is ‘n gunsteling onder 7de Laan aanhangers as een van die bekendste lede van die jongklomp en die hard werkende verpleër, Romeo Peterson, maar as hy nie tonele skiet nie, is hy besig om saam met sy vriende in sy tuisdorp, Worcester, te rap.

Clint, was van kindsbeen af versot op musiek. ‘’Ek was al van kleintyd af mal daaroor om vir my familie op te tree, hulle was die beste gehoor. Ek het ook ‘n play gedoen – Grease. Grease was nog altyd my gunsteling fliek, selfs vandag nog. Dit het my geïnspireer om ‘n akteur te word.’’

Hy het onlangs die musiekvideo vir sy nuutste liedjie, Nwata, vrygestel. Die woord is sleng vir nonsens praat. Sy eerste liedjie Verlief In Afrikaans het ook soisale media laat gons. ‘’ Ek is baie mal oor Afrikaans en onlangs het ek besef dat dit is so lekker is om op iemand verlief te raak wat jou taal verstaan. Julle kan woorde vir mekaar sê en dan weet julle presies wat die ander een bedoel – verlief in jou moedertaal.’’

Dié 28-jarige boorling van Worcester in die Wes-Kaap was in 2019 deel van 7de Laan se internskapprogram waardeur jong, onervare akteurs ’n platform kry om tussen professionele mense in die bedryf te groei en verbeter.

Sy sussie het hom gehelp om sy oudisie video te skiet en sy pa het hom aangemoedig om dit in te stuur. ‘’Op my ma se verjaarsdag het 7de Laan my gebel en gevra dat ek Johannesburg toe moet vlieg vir ‘n studio oudisie. Daardie week gaan speel ek sokker en ek breek my been. Die dokter het gesê ek moet vir ‘n operasie gaan, maar ek weet ek het nog die oudisie wat voorlê.’’ Clint se pa het hom oortuig om die oudisie deur te sien.

‘’ Die oudise het goed afgeloop, alhoewel my selfvertroue bietjie laag was as gevolg van my af been.  Op my pa se verjaarsdag hoor ek , ek het die rol gekry and the rest is history’’

Die kykers het vining verlief geraak op die sjarmante Romeo en sy kontrak was hernu vir nog ‘n seisoen, maar Clint onthou nog altyd van waar hy vandaan kom. ‘’My pa het nog altyd gedroom om ‘n bakkie te koop. Hy het dit gedoen, maar in my 3de jaar was daar nie geld vir my studies nie. Hy het sy geliefde bakkie verkoop om vir my studies te betaal.”.  Dit is hoekom ek so erg oor familie is. Die manier hoe ek grootgeword het is letterlik die rede hoekom ek vandag is wie ek is’’

Dit is waarom Clint gereeld terugkeer na Worcester. Hy het onlangs ook ‘n musiekvideo uitgebring – Home Town, waar hy inwoners gebruik het om as ekstra’s in die video te verskyn.

Hy wil in 2021 nog meer musiek opneem. “Hierdie jaar kan mense baie van my verwag. Daar gaan nog baie musiekvideo’s wees met groot features, en hulle gaan nog baie van my op 7de Laan sien,”

Sy nuutste video, Gedwee ft Aidam-John & Lil Willy is nou beskikbaar.

Leave a Reply

Education Template

%d bloggers like this: